Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Fichardtkruin | Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Fichardtkruin

Posisie

Voltydse Leraar ( Huidige leraar tree af)

Diensaanvaarding

1 September 2025

Navrae

Voorsitter van Pre-Advies Kommissie:

Louis Dixon

082 902 9708

Kerkkantoor:

Lynett Venter

083 546 7117 |  051-522 8903

Gemeenteprofiel

Die NG Kerk Fichardtkruin is in ’n suidelike deel van Bloemfontein geleë, omring van laer- en hoërskole, ‘n hospitaal en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 446 belydende en 67 dooplidmate. Die gemeente het ‘n diepgewortelde liefde vir mekaar en laat mense vinnig tuisvoel. Dié gemeente glo dat geloof in dade omskep moet word. Die erediens vorm ‘n integrale deel van die gemeente met ‘n fyn aanvoeling vir die behoeftes en strewes van die volle spektrum van die gemeentelede. Ons fokus is om ‘n geestelike tuiste te wees waar mense geborge voel in God se genade en liefde. Ons is op soek na ‘n passievolle en toegewyde leraar om leiding te neem in ons gemeente en ons op ons geloofsreis te begelei.

Leraarprofiel / ander

• Ons wag graag, met biddende afhanklikheid, aansoeke in van ‘n leraar wat passievol is oor jeugbediening, prediking, pastorale bediening en verhoudingsbou.

• Goeie kommunikeerder en spanspeler binne ‘n dinamiese span.

• Vaardig met moderne tegnologie en kreatief in die gebruik daarvan.

• Vereenselwig met die teologiese identiteit van NG Gemeente Fichardtkruin.

Pligte
  • Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente entoesiasties te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele
  • Vergoeding is volgens Sinodale riglyne.
  • Pastorie is beskikbaar.
Aansoek

Indien jy geroepe voel om vir hierdie pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede wat onder andere die volgende insluit:

• ‘n kort 3-5 minute video met ‘n kort skets oor jouself en jou gesin, jou bedieningsdroom, jou voorkeur bedieningstake in prioriteitsvolgorde en redes waarom jy oorweeg om van jou huidige standplaas te skuif.

• Aansoekers wat die kortlys haal, sal moontlik versoek word om ‘n video preek in te stuur of om te preek in persoon en moet beskikbaar wees vir onderhoude.

• E-POS AANSOEKE NA: fichardtkruinkerk@gmail.com