NG Gemeente
VRYSTAAT SINODE
Posisie
Uitvoerende Amptenaar: Bedieningsbegeleiding
Sluitingsdatum
30 April 2024
Navrae
Die Voorsitter: Raad vir Bedieningsbegeleiding:
Ds Christo Nel
Kontak: 076 943 2006
E-pos: soekie@lantic.net of kuratorium@ngkvs.co.za
Profiel / Ander
· Bedien NG Kerk Vrystaat (152 gemeentes en ±163 predikante) vanuit die Sinodale Kantoor te Bloemfontein.
· ‘n Tweejaar termynpos wat met ingang van 1 Julie 2024 tot 30 Junie 2026 beskikbaar is, wanneer die toekoms van hierdie pos deur die Sinode van die NG Kerk Vrystaat heroorweeg sal word hangende die uitkoms van ‘n strategiese besinningsproses onder leiding van die Moderamen.
· Die suksesvolle kandidaat is ‘n energieke en dinamiese persoon met ‘n goeie verstaan van die Vrystaatse konteks en moet oor uitsonderlike kommunikasie vaardighede beskik.
Pligte
- Administratiewe verantwoordelikhede op verskeie Sinodale rade en forums.
- Bedieningsbegeleiding (BB)
- Bestuur die onderskeie bedieningsvelde van die BB;
- Bestuur die sameroepers en funksionering van BB-netwerke;
- Groei en ontwikkeling van bedienings wat die Vrystaatste kerk dien en uitbrei;
- Leraars: Bediening van leraars deur middel van die reëling van pastorale versorging, VBO en bestuur van Sentrum vir Predikantebegeleiding in die Vrystaat; en
- Die ondersteuning en begeleiding van gemeentes deur toesig te hou; fasilitering, traumaberadig en toerustig aan te bied, en op uitnodiging te preek.
- Skakeling met Ringe
- Finansiële Bestuur van BB fondse in samewerking met die finansiële departement binne die goedgekeurde begroting.
- Strategiese Bestuur
- Identifiseer die dringendste behoeftes en ontwikkelingsareas van NG Kerk predikante en gemeentes in die Vrystaat deur spesifieke korttermyn- en langtermyndoelwitte op te stel, strategieë te ontwikkel om hierdie behoeftes en ontwikkelingsareas aan te spreek; en
- Reël en organiseer toepaslike kursusse en werkswinkels om predikante verder toe te rus en te bemagtig; en daarna uitkomste te evalueer.
- Skakeling en Kommunikasie
- Bou goeie verhoudings met sinodes, ringe, gemeentes en predikante;
- Skakel met die direkteure van ander sinodale Bedieninge; en
- Woon vergaderings by van al die liggame waarop hy\sy ampshalwe saam met die uitvoerende amptenare van bedieninge dien.
Vergoeding
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die Sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis.
Aansoek
- Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens vier referente.
- Die sluitingsdatum vir aansoeke is: 30 April 2024
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek.
- Bedieningsbegeleiding behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.
STUUR AANSOEKE AAN:
Die Voorsitter: Raad vir Bedieningsbegeleiding
E-pos: soekie@lantic.net of kuratorium@ngkvs.co.za
Vir enige navrae: Ds Christo Nel by 076 943 2006.