Ramp-flits | Deur dr Stéphan van der Watt
Meer as elf maande ná die reuse aardbewing wat op nuwejaarsdag vanjaar onverwags die Japannese volk geskok het, lê die pyn en ontwrigting vir die inwoners van die Noto skiereiland nog vlak. Onlangs (September) het ’n vlaag van vernietigende vloede verder nóg sout in hulle wonde ingevryf. Gisteraand het pas weer ’n skudding van 5 op die Richterskaal dié omgewing laat bewe. Ontelbaar baie mense is opnuut getraumatiseer. “Ek het gedog dis klaar met my!”, vertel een oorlewende wat nouliks ontkom het op nuwejaarsdag, by wie ons betrokke was in verlede week se uitreik na die Noto rampgebied, Noord van Kanazawa stad.
Ons – ek en een van my KRTS-kollegas en elf van ons studente – het normale kweekskool klasse (vir ’n week) gestop om as vrywilligers ’n klein bydrae te maak.