Oorgeneem uit VrydagNuus Kaapkerk, 17 November 2023
Dis altyd vir ons iets besonders as daar van ons susterskerke se predikante nagraads in Suid-Afrika kom studeer. Getuienisaksie ondersteun hierdie studente op verskillende maniere, soos onder andere om die kostes van hul studies en akkommodasie te help dra. Daar is tans drie van ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, se predikante besig met nagraadse studies aan die Universiteit van Stellenbosch. Dr Daniël de Wet, taakspanbestuurder van Afrika Ekumene, het hulle verlede week gaan besoek om hulle sterkte toe te wens vir hul eksamens en verder navorsing. Lees meer daaroor HIER.
| verskaf: Dr Daniël de Wet hier saam met di Evans Majoni, Paul Chaombwa en Arnold Saka.