Skip to content Skip to footer

NG Gemeente Universitas-Wes – Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Universitas-Wes

Posisie

Leraar : In diepe afhanklike verwagting en verwondering in die
Here, nooi die kerkraad enige gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk en susterkerke wat voltyds beroep mag word om deel van ons beroepingsproses te wees.

Sluitingsdatum

16 Februarie 2026

Navrae

Me Ria de Wet 0515222547 / 0671013977

Gemeenteprofiel

Ons is stadsgemeente in Bloemfontein, Vrystaat, met sowat 571 belydende en 131 dooplidmate. Universitas-Wes het tans twee leraarsposte (die vakante pos is as leraar van die gemeente in geheel terwyl daar ʼn tweede tydelike pos is met ʼn emeritus leraar wat die aftreeoord Striata, wat binne die gemeente grense lê, ten volle bedien).

Die gemeente is ‘n plek waar mense in God hoop vind en ervaar. Ons gemeente is ’n veilige ruimte van die Here, waaroor Hy self waak. Dit is ’n plek waar individue en families die liefde van God beleef, en waar liefde vir mekaar en vir alle mense sigbaar uitgeleef word. Ons is ʼn gasvrye, waardegedrewe gemeente waar almal welkom is.

Leraarprofiel / ander
  • ‘n Toegewyde kind van die Here wat deur Hom tot die bediening geroep is.
  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
  • Moet deerrnis hê vir ons Bejaardes in die gemeente en gemeenskap.
  • Leierseienskappe hê en dissipels/leiers kan oplei en help om die gemeente te bestuur.
Vergoeding en voordele

Sinodaleskaal onderhandelbaar. Die gemeente beskik nie oor ʼn pastorie nie, maar bied ʼn toelaag vir behuising. Ruim voorsiening ook vir reiskoste, medies en ander
toelaes.

Aansoek

Indien u belangstel kan u gerus die kerkkantoor kontak om verdere inligting en vraelys te bekom t.o.v. die
uitnodiging.
Die Administratiewe bestuurder: Me Ria de Wet 0515222547 / 0671013977
Epos: rooikerkaansoek@gmail.com

Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Die Kerkraad behou hom die reg voor om nie
noodwendig die vakature uit een van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.