Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Suidoos-Pretoria | Voltydse Vierde Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Suidoos Pretoria

Posisie

Voltydse predikant

Sluitingsdatum

2 September 2025

Navrae

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom, kan enige tyd een van die drie huidige leraars kontak, of die Administratiewe Koördineerder, Malan Nel:

malannelup@gmail.com

Gemeenteprofiel

Die gemeente is geleë in die ooste van Pretoria, wat onder andere Menlopark, Ashlea Gardens, Maroelana, dele van Waterkloof, Waterkloofhoogte, Newlands en Brooklyn insluit.

Die gemeente word deur drie voltydse leraars bedien. Elke leraar is verantwoordelik vir eredienste en pastorale sorg, maar neem ook leiding by ’n spesifieke bediening. Groot demografiese veranderinge vind binne die gemeentegrense van Stellastraat plaas. Een van die gemeente se uitdagings is om ’n geestelike tuiste van keuse te wees vir die baie nuwe intrekkers in die omgewing.

Volgens die onlangse opgedateerde databasis van die gemeente is daar meer as 3 200 lidmate – waarvan 56% onder 45 jaar oud is en 44% bo die ouderdom van 45.

Leraarprofiel / ander

In terme van die gemeente se behoeftes, is die volgende profiel ‘n riglyn:

  • Verkieslik 5 – 15 jaar ondervinding as ‘n predikant.

  • Mede-verantwoordelik vir eredienste met teologiese diepte, gelei met liturgiese sensitiwiteit.

  • Verantwoordelik vir pastorale sorg binne ‘n toegewysde pastorale area.

  • Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk soos dit in Stellastraat-gemeente gestalte vind.

  • ’n Hermeneutiese benadering tot die Skrif, prediking en bediening binne die Gereformeerde tradisie.

  • Verstaan spanwerk as deel van roeping en werk met gemak en integriteit in die leraarspan en ander bedieningsgroepe.

  • Ontwikkel verhoudings met lidmate, kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.

  • ’n Liefde vir werk met lidmate van alle ouderdomsgroepe.

Vergoeding en voordele
  • Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.

  • ’n Keuse tussen ‘n pastorie of ‘n behuisingstoelaag.

Aansoek

Belangstellendes, gaan asseblief na die volgende skakel vir inligting oor wat van verlang word:
👉 https://forms.gle/F24ttvgJWuFXinJAA

Die Kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.