NG Gemeente
NG Gemeente Riebeeckstad
Posisie
Voltydse Leraar
Sluitingsdatum
31 Oktober 2024
Diensaanvaarding
Verkieslik 1 Januarie 2025 of so spoedig moontlik daarna.
Navrae
0741021900
Gemeenteprofiel
Riebeeckstad is ‘n voorstad van die groter Welkom-area in die Vrystaat, bekend vir sy ryk goudvelde en historiese bydrae tot die Suid-Afrikaanse myn industrie. Die voorstad bied ‘n gesellige diverse gemeenskap. Ons omgewing het twee laerskole en een hoërskool terwyl die groter Welkom area beskik oor ‘n verskeidenheid skole. Die Gemeente Riebeeckstad is ‘n missionale gemeente. “Lig in die duisternis – hier vir God, mekaar en die wêreld”
Ons gemeente word gekenmerk deur:
• Ons werk om die Koninkryk met die wêreld te deel en is vir meer as 30 jaar missionaal.
• Ons ondersteun mekaar en bou mekaar op in ons diens.
• Ons beskik oor gevestigde gemeente strukture met sterk leiers in die bestuur.
• Ons Luister na God,
• Ons luister na mekaar en
• Ons luister na die gemeenskap.
• Ons gee ruimte aan ander om Jesus te ontmoet en te dien.
Vir meer inligting oor ons gemeente werksaamhede klik hier. (www.oddways.co.za)
Leraarprofiel / ander
- Ons gemeente sal met graagte ‘n nuwe leraar aanvaar wat:
- ‘n Passie het vir missionaliteit.
- Goeie menseverhoudinge handhaaf.
- Lidmate kan motiveer en toerus vir dienswerk.
- Die gawe het om met kinders, jong volwassenes en bejaardes te werk en saam te stap.
- Goed kan kommunikeer deur prediking.
- Ingegrawe wees in die pastoraat.
- Effektief kan delegeer en ondersteun.
- Oor spesiale vaardigheide beskik om met ander groeperinge in ‘n multikulturele gemeenskap saam te werk.
Pligte
- ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk. Pligte soos vervat in Artikel 9 van die kerkorde met spesiale fokus op jeugbediening , jong volwassenes en gemeenskaps bediening.
Vergoeding en voordele
Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne en bedieningservaring.
Huisvesting in die vorm van ’n pastorie met basiese munisipale dienste.
Aansoek
Aansoeke en proses: Stuur asseblief na Kantoor bestuurder by Jennifer van Antwerpen riebkantoor@lantic.net of 0573882697 Voorsitter Pre-advies komissie Hendrik van Zyl by hzepos@gmail.com 0741021900
Ons benodig: ‘n Opgedateerde CV (maksimum drie bladsye) en ‘n kort motivering wat die aansoek ondersteun. Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2024.
Gekortlyste kandidate sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses deelneem. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel.
Die Kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.