Skip to content Skip to footer

NG Gemeente Hertzogville – Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Hertzogville

Posisie

Voltydse Leraarpos

Sluitingsdatum

Sal verskaf word

Navrae

Azél Jacobs (skriba)
053 421 9112 (k)

Ds Riekie Wilkens (konsulent)
074 804 6162

Tinus Linde (Voorsitter van die Kerkraad
083 660 2886

Gemeenteprofiel

Ons is  ‘n boerderygemeenskap in die Noord Weste hoek van die Vrystaat en ongeveer 140km vanaf Bloemfontein. Hertzogville  is ‘n behoudende gemeenskap.

Die gemeente bestaan uit 253 belydende lidmate en 64 dooplidmate, daar is ses plaaswyke en vier dorpswyke.

Hertzogville gemeente is ‘n baie meelewende gemeente, wat n hoë premie plaas op skrifgetroue woordverkondiging. Nie saamgaan met die tydsgees nie en standvastig in hul leer en lewe is.

Baie goeie Laer en Hoërskool in Hoopstad, 50km vanaf Hertzogville

Leraarprofiel / ander

‘n Leraar met ‘n lewende en persoonlike verhouding met God, Drie-Enig,

Leraar wat sal kan aanpas in plattelandse gemeenskap.

‘n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ‘n visie vir geestelike vernuwing .

‘n Kreatiewe, dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.

‘n Energieke persoon met ‘n passie vir mense.

Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die lewende Woord in alle omstandighede suiwer kan bedien.

Vergoeding en voordele

Totale vergoedingspakket – onderhandelbaar “binne Sinodale riglyne”.

 Die gemeente bied ‘n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.

Aansoek

Gee ‘n duidelike uiteensetting van hoe u, u rol as leraar sien, ‘n CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel.

Rig u aansoek en CV per e-pos aan, nghzvl@gmail.com

Sluitingsdatum: Aansoeke sluit  12 Maart 2026

Diensaanvaarding: 1 Julie 2026

Vir enige verdere navrae, kontak vir Azél Jacobs (skriba) by 053 421 9112 (k), of vir ds Riekie Wilkens (konsulent), by 074 804 6162, of Tinus Linde (Voorsitter van die Kerkraad)  by 083 660 2886

Die Kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.