Skip to content Skip to footer

Bybelgenootskap van Suif-Afrika | Kerklike Organiseerder: Sentrale Streek Bloemfontein

Posisie

Kerklike Organiseerder: Bloemfontein

Sluitingsdatum

20 Maart 2026

Navrae

Tel: 021 910 8751

Aansoek

Die bogenoemde halfdag pos (4 ure per dag) is tans beskikbaar by die BSA. Die Kerklike Organiseerder is
verantwoordelik vir die bekendstelling en bemarking van die werk van die BSA aan kerke, kerklike
organisasies, opvoedkundige organisasies, die besigheidsektor en individue om hulle betrokke te kry by die werksaamhede van die BSA en om fondse te genereer vir Bybelvertaling, produksie en verspreiding.

Die posbekleër volhou ook gesonde en volhoubare verhoudings met die relevante donateurs, kerke en kerklike organisasies.

Vereistes:

• Relevante teologiese kwalifikasie
• Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is
• Ervaring in besigheid sal voordelig wees
• Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
• Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes

Bevoegdhede:

• Sakevernuf
• Ekumeniese ingesteldheid
• Samewerkingsvaardighede
• Verhoudingsbou
• Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
• Leierskap
• Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
• Kommersiële bewustheid
• Hoë aanpasbaarheid
• Vermoë om ander te motiveer

Vaardighede:

• Fondsinsamelingsvaardighede
• Openbare redevoering
• Bemarkings- en verkoopsvaardighede
• Interpersoonlike vaardighede
• Onderhandelingsvaardighede
• Beplannings- en organiseringsvaardighede
• Aanbiedingsvaardighede

Vrywaring:

Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike InligLng, 4 van 2013 (POPIA). Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.

Kontak

Om aansoek te doen, stuur CV na:

  hr.bssa@biblesociety.co.za