NG Gemeente
Trompsburg
Ring
Fauresmith
Posisie
Leraar vastetermynkontrak : (drie jaar)
Sluitingsdatum
20 Februarie 2024
Diensaanvaarding
1 Mei 2024 of so gou moontlik daarna
Navrae
Mari Fourie (skriba)
083 333 1940
Louis Kotze (voorsitter van die kerkraad)
082 314 3819
Gemeenteprofiel
NG Gemeente Trompsburg is ’n plattelandse familiegrootte gemeente met die boerdery gefokus op veeboerdery. Op die dorp is daar ’n huis vir bejaardes wat deel vorm van ENGO met 52 inwoners. Daar is ’n goeie laerskool met ’n koshuis wat leerders vanuit die omgewing en ander dorpe huisves.
Die gemeente bestaan uit 229 belydende lidmate en 68 dooplidmate.
Leraarprofiel / ander
Ons vra van jou om die liefde wat jy vir die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees het, uit te leef in die gemeente en gemeenskap.
Die gemeente is Skrifgetrou gereformeerd met vernuwende denke. Ons beperk jou nie net tot Artikel 9 om jou roeping uit te leef nie. Vir die gemeente is die persoonlike pastorale versorging, insluitend huisbesoeke van die lidmate, belangrik.
Ons vra van jou om met jou unieke menswees ’n verskil te kom maak en saam met die gemeente (spanwerk) in die voetspore van Jesus te loop in die uitbou van sy koninkryk (2 Kor 6:1-2).
Pligte
Vergoeding
Die gemeente bied ’n pakket volgens sinodale riglyne tot ’n maksimum van totale koste pakket van R600 000 aan.
Aansoek
Stuur vir ons ’n CV van nie langer as drie bladsye wat jou persoonlikheidsprofiel insluit en ten minste drie referente met hulle kontakbesonderhede.
Apart van die CV deel met ons jou droom vir die gemeente van Trompsburg en hoe jy dit gaan uitleef.
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
Stuur aansoek aan die skriba per epos: ngktpg@rmsnet.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.