NG Gemeente
NG Gemeente Parys-Wes
Posisie
Voltydse Leraar
Diensaanvaarding
1 November 2025 of so gou moontlik daarna, die datum kan aangepas word.
Sluitingsdatum
31 Mei 2025
Navrae
Gemeenteprofiel
Die kerkraad van NG Parys-Wes in die Vrystaat stel ’n voltydse leraarspos bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk om vir hierdie pos aansoek te doen.
Parys is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van die Vrystaat, en bestaan uit ongeveer 48 dooplidmate en 447 belydende lidmate. Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente met sy eiesoortige pastorale behoeftes, wat persoonlike kontak en ondersteuning benodig.
Die gemeente het ’n sterk behoudende gereformeerde karakter met ’n hoë premie wat geplaas word op Skrifgetroue Woordverkondiging.
Leraarprofiel / ander
- Gelegitimeerd wees met volle ampsbevoegdheid.
- Moet al die predikantsverpligtinge volgens Artikel 9 nakom.
- Skrifgetroue prediking.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastorale betrokkenheid sowel as huisbesoeke.
- Moet kan leiding neem met die uitbreiding en toerusting van die diens en taakgroepe van die gemeente.
Vergoeding en voordele
- Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die TKVI beginsel, onderhandel word.
- ’n Ruim pastorie is beskikbaar, maar ‘n behuisingtoelaag is onderhandelbaar.
Aansoek
Belangstellendes word genooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en preekbeurt. Stuur u aansoek asseblief per e-pos na: Die Kerkkantoor, NG Kerk Parys-Wes: dries.dejagerc@gmail.com en ngparyswes@gmail.com
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak, indien ’n geskikte kandidaat nie gevind is nie.