Deur dr Enrico Casaleggio, Islam Getuienisaksie
Die Christelike godsdiens is by uitstek ān sending-georiĆ«nteerde godsdiens. Die kerk doen ook nie sending nie, dit is ān sending. Die meeste ander godsdienste is nie na buite gerig nie. Islam is egter anders. Hulle het ān baie sterk oortuiging om die hele wĆŖreld vir Islam te wen. Hierdie uitwaartse beweging noem hulle dawa.
Islamitiese bronne, teologie en geskiedenis leer dat alle Moslems betrokke moet raak by Islamitiese uitreik of sending. Dawa beteken letterlik “oproep” of “uitnodigingā[1]. Bekering vind, volgens hulle, plaas wanneer ‘n nie-Moslem die Islamitiese geloofsbelydenis (shahada) opsĆŖ. Ā Moslems noem hierdie ān āterugkeerā eerder as ābekeringā, omdat hulle glo dat elke mens by geboorte ‘n Moslem was, waarna sommige afgedwaal het en ander gelowe gevolg het.
Daar is ten minste twee baie belangrike verskille tussen Christelike sending en Islamitiese sending. Die eerste verskil is dat Christene tevrede is om sending as ‘n tweerigting-proses te sien, met elke geloof wat die vryheid het om sy boodskap te verkondig en ander te probeer oortuig. Moslems sien dawa egter as ‘n eenrigtingstraat. Hiervolgens het slegs Islam die reg om homself te propageer.
Die ander sleutelverskil is dat dawa meer is as net die oproep aan ‘n individu om Islam te aanvaar. Dit sluit ook in die āopdrag van wat goed is en die verbod op wat sleg is”, beide in Islamitiese samelewings Ć©n in samelewings waar Moslems in die minderheid is. Dit beteken dat die oogmerke van dawa onder andere die vestiging van ‘n Islamitiese staat insluit onder sharia-wetgewing en die oorheersing van nie-Moslem nasies. Dit gaan dus uiteindelik om die wĆŖreld onder bevel te bring van die “goeie”, wat dan Islam sou wees.
Hieronder is ān tabel watĀ ‘n vergelykende oorsig bied van Christelike sendingwerk en Islamitiese daāwah, insluitend definisies, skrifgrondslag, metodologieĆ«, historiese konteks en doelwitte.
Ā Ā 
Kontak dr Enrico Casaleggio vir meer inligting by enrico.casaleggio@absamail.co.za
[1] Sookhdeo, P.2014. Dawa. The Islamic Strategy for Reshaping The Modern World. Isaac Publishing: McLean VAHierdie reeks Islam-artikels het ān eiesoortige aanslag. Hierdie artikel handel oor die ooreenkomste en verskille tussen Christene en Moslems wat sendingwerk betref. Dit sluit ook ān tabel in.

