Gemeente
NG Gemeente Hugenoot
Posisie
Twee predikantsposte: Deeltydse onbepaalde termyn
Sluitingsdatum
7 Augustus 2026
Diensaanvaarding
1 September 2026 of so gou moontlik daarna.
Navrae
Voorsitter van die kerkraad, ouderling Francois Botha 076 123 1551
Gemeenteprofiel
Die roeping van Hugenoot-gemeente “Een in Christus sodat die wêreld kan glo” rig al vir etlike jare die bediening van die gemeente. Die gemeente het ’n sterk fokus op die bediening van ouers met kinders en ook ’n seniorbediening. Die gemeente is in die noordelike voorstede van Bloemfontein geleë.
Twee deeltydse onbepaalde termyn predikantsposte word bekendgestel (Reglement 14). Beide poste behels die ampspligte soos vervat in Artikel 9, maar die een pos fokus meer, maar nie uitsluitlik nie, op die bediening aan ouers met kinders en die ander pos op die bediening aan senior lidmate.
Leraarprofiel / ander
- ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
- Duidelike roeping om hier diensbaar te wees en leiding te gee in die gemeente sodat ons as gemeente geestelik sal groei om ‘n gemeente van God alleen te word.
- Op platteland te kan aanpas.
- Goeie interpersoonlike verhoudings met alle lidmate van die gemeente.
- Betrokke wees by gemeente aktiwiteite en projekte.
Vergoeding en voordele
- Volgens sinodale riglyne (ongeveer 50% van die topskaal vir elkeen van die twee poste).
Aansoek
Volledige CV, minstens drie referente, ’n aanduiding vir watter pos aansoek gedoen word, vergesel van ’n beskrywing van die kandidaat se bedieningsfilosofie.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

