Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Steynsrus | Leraar

NG Gemeente

Steynsrus

Ring

Sentraal

Posisie

Leraar vastetermynkontrak : (twee jaar) met die opsie om te verleng.

Sluitingsdatum

8 Januarie 2024

Diensaanvaarding

1 April 2024

Navrae
Herman Janse van Rensburg 082 433 9914
Frikkie Richter
082 782 8384
Jonette Engelbrecht
082 833 0601 
Mindus Crous

082 314 3819
Gemeenteprofiel

Steynsrus is ’n klein plattelandse dorp, geleë in die Noordoos-Vrystaat, 50 km vanaf Kroonstad, 50 km vanaf Senekal en 90 km vanaf Bethlehem.

Tans is daar 236 belydende en 43 dooplidmate. Die gemeente is 113 jaar oud en bestaan uit drie dorpswyke, sewe plaaswyke en ’n tehuis vir bejaardes. Steynsrus leen homself tot ’n gesonde, aktiewe en veilige leefstyl met toegang tot goeie skole in omliggende dorpe. Die hoof ekonomiese aktiwiteit in die gebied is landbou.

Leraarprofiel / ander
  • ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
  • ATP geregistreer.
  • Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.
  • ’n Leraar met ’n passie vir die plattelandse bediening.
  • Pastorale, sieke- en huisbesoeke is belangrik – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die kerkraad.
Pligte
Vergoeding
  • Totale koste van vergoeding (TKV) – R360 000 jaar – onderhandelbaar.
  • Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) – munisipale rekening vir eie koste.
Aansoek

Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurtreiskoste tot en met R1 000 sal voorsien word.

RIG AANSOEKE AAN:

Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus, per e-pos aan: ngksteynsrus@gmail.com

116 | Maatskaplike NOODLYN