Skip to content Skip to footer

Bybelgenootskap van Suif-Afrika | Verhoudingsleier: Noordelike Streek Kempton Park

Posisie

Verhoudingsleier: Kempton Park

Sluitingsdatum

20 Maart 2026

Navrae

Tel: 021 910 8751

Aansoek

Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is
verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek.

Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van
sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir
die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die
monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.

Vereistes:

• Relevante teologiese kwalifikasie
• Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is
• Ervaring in besigheid sal voordelig wees
• Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
• Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes


Bevoegdhede:


• Sakevernuf
• Ekumeniese ingesteldheid
• Samewerkingsvaardighede
• Verhoudingsbou
• Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
• Leierskap
• Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
• Kommersiële bewustheid
• Hoë aanpasbaarheid
• Vermoë om ander te motiveer


Vaardighede:


• Fondsinsamelingsvaardighede
• Openbare redevoering
• Bemarkings- en verkoopsvaardighede
• Interpersoonlike vaardighede
• Onderhandelingsvaardighede
• Beplannings- en organiseringsvaardighede
• Aanbiedingsvaardighede


Vrywaring:


Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike InligLng, 4 van 2013 (POPIA). Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.

Kontak

Om aansoek te doen, stuur CV na:

  hr.bssa@biblesociety.co.za