Skip to content Skip to footer

PSD Bedieningsbegeleiding | NG Kerk Vrystaat

Posisie

PSD Bedieningsbegeleiding

Voltydse senior leierskapspos

Sluitingsdatum

12 Junie 2026

Navrae

Ds Christo Nel

076 943 2006 / soekie@lantic.net 

Aansoek

’n Dinamiese en strategiese leier word gesoek om as PSD van Bedieningsbegeleiding te dien. Hierdie pos bied die geleentheid om ’n betekenisvolle rol te speel in die begeleiding, strukturele en pastorale ondersteuning van leierskap, gemeentes en ringe. Die suksesvolle kandidaat sal ’n bewese vermoë hê om visie in werklikheid om te skakel en ’n passie dra vir die opbou van die kerk van Christus.

• Leierskap

Begeleiding, ondersteuning en voortgesette ontwikkeling van die gemeentelike leierskap met ‘n besondere fokus op die leraars: hulle roeping – pastoraal, professioneel en persoonlik. 

• Gemeentes

Strategiese begeleiding aan gemeentes om ‘n gesonde, missionale en volhoubare bediening te bevorder.

• Ringe

Samewerking met ringe om die kerkverband en gemeentes te versterk, onderlinge bystand te bevorder en ‘n gemeenskaplike visie te verwesenlik.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE

  • Ontwikkel en implementeer ’n koherente strategie vir bedieningsbegeleiding
  • Begelei en mentor leraars in verskillende lewens- en bedieningsfases
  • Ontwikkeling van leierskap op ring- en gemeentevlak
  • Bou netwerke van ondersteuning en samewerking tussen gemeentes en ringe
  • Identifiseer en ontwikkel hulpbronne, programme en instrumente vir bedieningseffektiwiteit
  • Dien as verbindingspersoon tussen sinodale strukture en die gemeente

VEREISTES

  • Relevante tersiêre kwalifikasie in Teologie
  • Gelegitimeerde leraar met volle bevoegdheid
  • Bewese rekord van suksesvolle begeleiding, mentorskap en opleiding van leiers
  • Sterk interpersoonlike vaardighede met pastorale sensitiwiteit en die vermoë om vertrouensverhoudings te bou
  • Uitstekende kommunikasie-, organisatoriese en administratiewe vaardighede
  • Vermoë om onafhanklik en as deel van ’n span te werk, met sterk besluitnemingsvermoё
  • Bereidheid om te reis en betrokke te wees by verskillende geografiese kontekste.

Sluitingsdatum

12 Junie 2026

Diensaanvaardingsdatum

1 September 2026 of soos onderhandel.

Kontak

Navrae

Kan gerig word aan ds Christo Nel by 076 943 2006 of soekie@lantic.net

Aansoeke

Stuur ’n volledige CV en dekbrief met persoonlike bedieningsfilosofie en motiveringsrede vir die posaansoek na:

Mnr Adriaan de Ruiter by reken@ngkvs.co.za (vermeld “PSD: Bedieningsbegeleiding” in die onderwerpreёl).

Slegs kortlyskandidate sal gekontak word.

 

Die NG Kerk Vrystaat behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.