Gemeente
NG Kerk Windhoek-Oos
Posisie
Leraar
Sluitingsdatum
31 Julie 2026
Diensaanvaarding
Spoedig as moontlik
Navrae
Eddie Turner
+264 81 228 9137
eddie@ngkerkwindhoekoos.com
Gemeenteprofiel
Die NG Kerk Windhoek-Oos is ‘n gemeente wat glo dat kerk en lewe oor God gaan, en dat verskeidenheid (verskillende ouderdomme, geslagte, rasse, tale, kulture en agtergronde) gekoester moet word om volwaardig liggaam van Christus te wees. Ons is geroep om dissipels in God se koninkryk te wees én dissipels te maak deur die uitleef van ons gemeente-gewoontes en Godgegewe gawes.
Leraarprofiel / ander
• ’n Persoon met ‘n Godsfokus wat die gemeente se identiteit en strewe onderskryf en leef.
• Ten minste teologiese opleiding ondergaan het gelykstaande aan dié van ‘n diensleraar in die gereformeerde tradisie.
• Bedieningsfokus op families en oor generasies heen.
• Afrikaans en Engels magtig.
• Alle vlakke van ervaring sal oorweeg word.
Die hart van die rol:
• Rus gemeentelede toe om mekaar dissipels te maak
• Verbind generasies deur gedeelde gewoontes en gawes
Vergoeding en voordele
’n Vergoedingspakket sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.
Aansoek
CV moet insluit:
• Bondige beskrywing van jou roepingsverklaring.
• Besonderhede van drie verwysings.
• Enige verdere relevante dokumentasie.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie. Deur die indiening van hulle CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Gemeente Luckhoff vir die keuringsproses gebruik kan word.

