Skip to content Skip to footer

NG Kerk Wakkerstroom: Leraar

Gemeente

NG Kerk Wakkerstroom

Posisie

Leraar

Sluitingsdatum

31 Julie 2026

Diensaanvaarding

Spoedig as moontlik

Navrae

Johan Uys (Kerkraadhoof)
082 725 4862

Cornel Greyling (Finansiëlehoof)
083 564 8722

Kantoor
067 594 1503

 

Gemeenteprofiel

Wakkerstroom is ’n plattelandse dorpie in Mpumalanga sowat 320 km vanaf Pretoria. Dit is ’n landboustreek met hoofsaaklik gemengde boerderye. Die dorp se behoud is grootliks te danke aan toerisme agv voëllewe wat hier voorkom, sowel as mense wat hier in die pragtige, veilige dorpie kom aftree. Die gemeente is gestig in 1861 en het ’n ryk geskiedenis.

Die gemeente se lidmaattal bly stabiel in die omgewing van 250 waarvan 50 dooplidmate is, en die grootste deel is seniorburgers.

Leraarprofiel / ander
  • ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
  • Duidelike roeping om hier diensbaar te wees en leiding te gee in die gemeente sodat ons as gemeente geestelik sal groei om ‘n gemeente van God alleen te word.
  • Op platteland te kan aanpas.
  • Goeie interpersoonlike verhoudings met alle lidmate van die gemeente.
  • Betrokke wees by gemeente aktiwiteite en projekte.
Vergoeding en voordele
  • Volgens Sinodale riglyne.
  • Pastorie beskikbaar.
Aansoek

Sluit asseblief u CV in met minstens drie verwysings en kontaknommers.

Aansoeke per e-pos aan: admin@wakkerstroomngk.org.za

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.