NG Gemeente
NG Kerk Phalaborwa
Posisie
Voltydse Leraarpos
Sluitingsdatum
15 Februarie 2026.
Diensaanvaarding
3 Mei 2026 of so spoedig daarna
Navrae
• Ds Otto van Heerden 079 509 9945
• Pieter Jacobs 083 254 2916
• Neville Phillips 082 776 1996
Gemeenteprofiel
Die NG Kerk Phalaborwa is ’n gasvrye plattelandse gemeente wat in die Limpopo Provinsie geleë is en grens aan die Kruger Nasionale Wildtuin. Mynbou en toerisme is vir ons dorp baie belangrik. Die dorp beskik oor uitstekende laerskole, hoërskole en ’n kollege. Die gemeente is 46 jaar oud en het ongeveer 670 belydende en 120 dooplidmate. Ons gemeente se roeping is om koeltebome te wees van God se genade. Ons is dankbaar om finansieël stabiel te wees.
Leraarprofiel / ander
Ons wil graag aansoeke van passievolle en energieke leraars ontvang. Deel van die visie van die gemeente is om die bediening aan ons gesinne, kinders en jeug uit te bou. Die geskikte kandidaat moet egter ’n voorliefde vir mense van alle ouderdomsgroepe hê en aan die volgende vereistes voldoen:
1. Moet al die pligte van Artikel 9, soos uiteengesit in die Kerkorde, nakom.
2. Moet ’n aanvoeling vir-, sowel as bewese ondervinding in familie- en jeugbediening hê.
3. Verkieslik ten minste 10 jaar ervaring in voltydse gemeentebediening sal as ’n sterk aanbeveling dien.
4. Moet in spanverband kan saamwerk.
5. ’n Leraar wat passievol en Skrifgetrou preek, onderrig en leer.
6. Goeie menseverhoudinge, aanpasbaarheid, toeganklikheid en pastorale versorging is vir ons baie belangrik.
7. Bybelstudies, selgroepe en mannegroep op relevante wyse kan lei.
8. Ervare is met die kreatiewe gebruik van tegnologie en sosiale media.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele
Traktement, reistoelae en ander vereieste toelaes volgens sinodale riglyne. Gratis pastorie met munisipale dienste.
Aansoek
Indien jy geroepe voel om vir hierdie opwindende pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede, sowel as kontakbesonderhede van drie referente aan ngkphala@gmail.com.
’n Kort bekendstellingsvideo, nie langer as 5 min nie, en indien moontlik, skakels na ’n onlangse video-opname van ’n preek, sal waardeer word. Kandidate wat die kortlys haal, moet vir ’n onderhoud en preekbeurt beskikbaar wees.
Die Kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.

