Skip to content Skip to footer

Bybelgenootskap van Suid-Afrika : Verhoudingsleier van die Westelike Streek

Ligging

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) : Hoofkantoor – Wes-Kaap (Bellville)

Posisie

Verhoudingsleier: Westelike Streek

Sluitingsdatum

9 Maart 2026

Navrae

hr.bssa@biblesociety.co.za

Gemeenteprofiel

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Leraarprofiel / ander

Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.


Vereistes:
• Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
• Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is
• Ervaring in besigheid sal voordelig wees
• Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
• Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes


Bevoegdhede:
• Sakevernuf
• Ekumeniese ingesteldheid
• Samewerkingsvaardighede
• Verhoudingsbou
• Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
• Leierskap
• Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
• Kommersiële bewustheid
• Hoë aanpasbaarheid
• Vermoë om ander te motiveer


Vaardighede:
• Fondsinsamelingsvaardighede
• Openbare redevoering
• Bemarkings- en verkoopsvaardighede
• Interpersoonlike vaardighede
• Onderhandelingsvaardighede
• Beplannings- en organiseringsvaardighede
• Aanbiedingsvaardighede

Vergoeding en voordele

Sal bespreek word in onderhoud

Aansoek

Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te
verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting
mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.