NG Gemeente
Fauresmith en Jagersfontein
Ring
Fauresmith
Posisie
Kontrakleraar vir die samewerkende Gemeentes
Sluitingsdatum
30 November 2023
Diensaanvaarding
1 Maart 2024 of so na as moontlik aan die datum
Navrae
Leierouderling Fauresmith: Kobus Fourie
084 400 5505
Leierouderling Jagersfontein: Boesman Loftus
082 778 9928
Gemeenteprofiel
Fauresmith is 130 km suidwes van Bloemfontein, Suid-Afrika, geleë. Die dorp, vernoem na ds Phillip Faure en sir Harry Smith, is die tweede oudste dorp in die Vrystaat. Fauresmith is die enigste dorp in Suid-Afrika, en een van slegs drie in die wêreld, waar die spoorlyn in die middel van die hoofpad af loop. Gaan kyk gerus na ons gemeentegeskiedenis: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-fauresmith/
Die twee gemeentes is 11 km vanuit mekaar.
Jagersfontein lê 115 km suidwes van Bloemfontein. Die dorp is histories bekend as ’n diamantmynsentrum. Gemeenskapslede is verlede jaar deur ’n daminstorting by ’n diamantmyn geraak. Dit beteken nie dat dit die dorp keer om saam te staan en God eerste te stel nie.Gaan kyk gerus na ons gemeentegeskiedenis: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/1549-2/ en https://ruralexploration.co.za/Jagersfontein.html
Albei gemeentes is ’n dorpsgemeente met voltydse en deeltydse boere en is gesamentlik ongeveer 180 lidmate.
Leraarprofiel / ander
- Bedieningsgeleenthede volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Daar sal van die leraar verwag word om Sondae se twee eredienste waar te neem. Een diens vind plaas op Jagersfontein en die ander diens op Fauresmith wat 11 km uitmekaar is.
- Plattelandse ervaring met ’n passie vir huisbesoek en pastoraat.
- Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
- Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot opbou van die gemeentes.
- Entoesiasme vir barmhartigheidswerk in die gemeenskappe.
- Saam met huisgesin betrokke wees binne en buite die gemeente.
- Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.
Pligte
Vergoeding
- ’n Totale jaarlikse bedrag van R480 000(dertiende tjek ingesluit) (drie jaar kontrak).
- Pastorie word voorsien, soos ooreengekom.
Aansoek
Aansoeke moet per e-pos aan NG Gemeente Fauresmith of Jagersfontein gestuur word.
E-pos: ngkerkfauresmith@gmail.com of ngkjf@lantic.net
Aansoeke moet ’n volledige CV en minstens drie verwysings insluit.
Aansoekers wat die kortlys haal, sal vir ’n onderhoud genooi word en moet beskikbaar wees vir die waarneem van ’n oggenddiens.
Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul nie, sou ’n geskikte kanditaat nie gevind word nie.