Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Steynsrus | Leraar

NG Gemeente

Steynsrus

Ring

Sentraal

Posisie

Leraar vastetermynkontrak : (twee jaar) met die opsie om te verleng.

 

Sluitingsdatum

15 Februarie 2024

Diensaanvaarding

1 April 2024 

Navrae

Herman Janse van Rensburg 
082 433 9914

Frikkie Richter 

082 782 8384

Jonette Engelbrecht
082 833 0601

Mindus Crous
082 314 3819

Gemeenteprofiel

Steynsrus is ‘n plattelandse dorp geleë in die Noordoos-Vrystaat. 50 km vanaf Kroonstad en 90 km vanaf Bethlehem.

Senekal is 47 km vanaf Steynsrus met n bussie wat daagliks skoolkinders vervoer.

Hier woon baie jongmense met baie inisiatief o.a. ‘n aktiewe boerevereniging, die OOD- liefdadigheidsorganisasie en ‘n dinamiese VLU.

Hier is ook ‘n pragtige sentrum vir bejaardes.

Daar is tans 236 belydende- en 43 dooplidmate. Ons gemeente is 113 jaar oud en spog met ‘n pragtige kerkgebou. Ons vleisfees en basaar is die hoogtepunte op ons kalender.

Hier is genoegsame winkels asook ‘n koöperasie.

Steynsrus leen hom toe tot ‘n gesonde buiteluglewe.

Kom ervaar plattelandse gasvryheid op sy beste!

Leraarprofiel / ander

‘n Gelegitimeerde in die NG Kerk

ATP-geregistreer

Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.

‘n Leraar met ‘n passie vir die plattelandse bediening.

Pastorale-, siek- en huisbesoeke word vereis – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die kerkraad.

Vergoeding

Totale koste van vergoeding (TKV) – R360 000/ jaar – onderhandelbaar.

Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) – munisipale rekening vir eie koste.

Aansoek

Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en preekbeurt – reiskoste tot en met R1000 sal voorsien word.

Rig aansoeke aan:

Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus – ngksteynsrus@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

116 | Maatskaplike NOODLYN