Skip to content Skip to footer

NG Gemeente Smithfield – Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Smithfield

Posisie

Voltydse Leraarpos – Drie jaar Vastetermynpos

Diensaanvaarding:

So gou moontlik

Sluitingsdatum
Navrae

E-pos: ngsmithfield@gmail.com

Gemeenteprofiel

Die NG Gemeente Smithfield is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein en 75 km van Aliwal-Noord op die N6. Die gemeente bestaan uit 188 belydende lidmate en 91 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en twee dorpswyke. Die gemeente se samestelling is multikultureel en word by twee punte bedien, die kerk op die dorp en die kerk op Rietpoort. Elke tweede Sondag na die dorp se erediens word daar ook ’n erediens by Rietpoort gehou.

Leraarprofiel / ander

Die leraar en herder wat die genade ontvang het om in die Here se diens te staan moet die volgende eienskappe openbaar:

• ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.

• Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.

• ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.

• Meelewend wees in ’n plattelandse gemeenskap met sy besonderse uitdagings.

• Die gereformeerde belydenisgrondslag onderskryf.

Vergoeding en voordele

Totale vergoedingspakket beloop R500,000 per jaar wat reistoelae insluit ‘n Pastorie en gratis WiFi

Aansoek

Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings. Alle gelegitimeerde leraars is welkom om aansoek te doen.

E-pos: ngsmithfield@gmail.com

Die Kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.