NG Gemeente
NG Kerk Bethlehem-Oos
Posisie
Koster – Permanente aanstelling
Sluitingsdatum
20 Februarie 2026
Navrae
Kerkkantoor: 073 126 2902
Abraham van Heerden: 082 740 2404
25 Ludikstraat, Jordania, Bethlehem
Posbeskrywing
Die NG Kerk Bethlehem-Oos nooi gekwalifiseerde en entoesiastiese individue uit om aansoek te doen vir die pos van Koster. Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir algemene instandhouding van die kerkgeboue en -gronde, en sal ’n belangrike rol speel in die ondersteuning van die gemeente se aktiwiteite.
Vereistes
• Bewese handvaardigheid en ervaring in algemene instandhoudingswerk.
• ’n Goeie kennis van en liefde vir tuinmaak en die versorging van tuine.
• Beskikbaarheid by alle kerklike funksies, insluitend geleenthede wat buite normale werksure plaasvind.
• Eie betroubare vervoer.
• Uitstekende interpersoonlike vaardighede en die vermoë om effektief in ’n span te werk.
Vergoeding en voordele
Sinodaleskaal onderhandelbaar. Die gemeente beskik nie oor ʼn pastorie nie, maar bied ʼn toelaag vir behuising. Ruim voorsiening ook vir reiskoste, medies en ander
toelaes.
Aansoek
Geïnteresseerde kandidate word versoek om ’n kort CV, insluitend die kontakbesonderhede van drie referente, per e-pos aan die kerk te stuur.
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Die Kerkraad behou hom die reg voor om nie
noodwendig die vakature uit een van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.

