NG Gemeente
NG Gemeente Dordrecht
Posisie
Alle belangstellende proponente, beroepbare leraars en emeritii tot die ouderdom 68 jaar.
Sluitingsdatum
25 Mei 2024
Diensaanvaarding
1 Augustus 2024
Navrae
Gemeenteprofiel
Die NG Gemeente Dordrecht is `n plattelandse gemeente, geleë tussen die Stormberge in die Oos-Kaap.
Die gemeente is gestig in 1857 en bestaan tans uit 180 belydende lidmate en 50 dooplidmate. Hierdie vakature is `n driejaar-termyn voltydse leraarspos, hernubaar na 3 jaar. Die gemeente resorteer binne die Ring van Dordrecht en die Oos-Kaap Sinode.
Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, wat deur die Heilige Gees geinspireer is. Deel van die visie van die Kerkraad is om die bediening aan ons gesinne en gemeenskap uit te bou met die oog op gemeentegroei.
Leraarprofiel / ander
Alle belangstellende proponente, beroepbare leraars en emeritii tot die ouderdom 68 jaar.
Kerkorde artikel 9 vorm die basis van die leraar se ampswerk in die gemeente.
Die volgende is vir die Kerkraad belangrik:
- Daar word van hom/haar verwag om in toegewyde verhouding met die Here te leef.
- Van die aansoeker word Skrifgetroue Woordverkondiging en standpunte verwag.
- Die bediening van die Woord word belangrik geag om geestelike groei te bevorder:
3.1 deur leiding te neem binne die gemeenskap.
3.2 goeie menseverhoudinge, toeganklikheid en pastorale versorging.
3.3 betrokke te wees binne die gemeenskap.
Aansoekers op die kortlys mag versoek word om in persoon `n diens in ons gemeente aan te bied.
Vergoeding
Behuising sal voorsien word. Reiskoste sal gedek word.
Aansoek
Indien jy geroepe voel om vir die pos in Dordrecht aansoek te doen, stuur asseblief `n volledige CV, getuigskrifte en afskrifte van akademiese kwalifikasies en akte van legitimasie. Aansoeke moet vergesel wees van `n voltooide vraelys wat per aanvraag gestuur sal word na aansoekers. Begin datum 1 Augustus 2024, maar is onderhandelbaar.
Rig aansoek aan:
Voorsitter: NG GEMEENTE DORDRECHT
E-pos: NgKerkdordrecht@lcom.co.za
Sel: Oudl Van Aardt Greyling – 082 782 7674
Sluitingsdatum: 25 Mei 2024