NG Gemeente
NG Gemeente Queenstown
Posisie
Geldig van 1 – 25 Desember 2025
Sluitingsdatum
26 Augustus 2025
Navrae
Morné:
083 373 6679
E-pos:
kantoornqg@gmail.com
Gemeenteprofiel
NG Gemeente Queenstown in die Oos-Kaap is opsoek na ’n leraar wat beskikbaar is om 1 – 25 Desember 2025 in Queenstown in te staan. Queenstown en omgewing het pragtige natuurskoon vir natuurliefhebbers om te geniet in hul tyd hier.
Leraarprofiel / ander
- Skrifgetroue predikant volgens die Belydende skrif.
- Bedien die gemeente volgens artikel 9 van kerkorde.
- Hospitaal- en huisbesoek is belangrik vir ons gemeente.
- Betrokkenheid by Bybelstudie groepe.
- Evangelie en misionêre aangeleenthede.
Pligte
Prediking op Sondae
Begrafnisse en noodgevalle soos nodig
Die leraar kan ná die Kersdagdiens huis toe gaan
Vergoeding en voordele
Verblyf in gastehuis met ontbyt op weeksdae word verskaf
R10 000 vergoeding vir die tydperk
R2 000 reiskoste
Aansoek
Indien jy geroepe voel om vir hierdie pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede wat onder andere die volgende insluit:
• Volledige CV, nie meer as 3 bladsye nie.
• Drie (3) verwysings, asook kontaknommers.
• Bereid wees om vir ‘n onderhoud te kom, en deelneem aan ‘n preekbeurt.
• Motiveer kortliks waarom u geroepe voel vir die aansoek vir die bediening.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.

