NG Gemeente
NG Gemeente Bothaville-Noord
Posisie
Jeugwerker / Diensleraar
Sluitingsdatum
31 Augustus 2024
Diensaanvaarding
So gou doenlik.
Navrae
Japie Grobler
Leierouderling
082 825 8018
Dr Johan Kruger
Gemeenteleraar
084 256 8031
Gemeenteprofiel
NG Gemeente Bothaville-Noord is ’n dinamiese plattelandse gemeente wat bestaan uit ongeveer 370 belydende en 125 dooplidmate.
Leraarprofiel / ander
Posvereistes:
Persone wat oor die volgende vereistes beskik kan aansoek doen om die pos te vul:
- ’n Passie vir, en lewende verhouding met, die drie-enige God.
- Jongmense kan toerus en mobiliseer as gestuurdes na die wêreld.
- Jongmense verstaan en hulle geestelike en emosionele behoeftes kan bedien.
- Emosionele volwassenheid, goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede asook sterk leiereienskappe.
- Goed in spanverband kan werk.
- Belydende lidmaat van die NG Kerk.
Kwalifikasies en ondervinding:
- Jeugwerk as spesialisveld indien as diensleraar opgelei òf ’n tersiêre kwalifikasie (drie jaar) in jeugwerk òf toepaslike werkervaring/kwalifikasie in soortgelyke veld.
- Ondervinding in jeugwerk is ’n sterk aanbeveling.
Pligte
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die organisering en uitvoering van die jeugbediening van alle skoolgaande jeug asook naskoolse jongmense in die gemeente en gemeenskap, onder leiding van, en in oorleg met, die plaaslike leraar en kerkraad.
Vergoeding en voordele
Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
Aansoek
Aansoekers moet teen 31 Augustus 2024 ’n volledige CV met drie toepaslike verwysings stuur aan die kerkkantoor: ngkbothavillenoord@gmail.com. Dit staan die aansoekers vry om ’n kort bekendstellingsvideo van hulleself in te stuur.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.