Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Hoof- uitvoerende beampte vir Tutela (Maatskaplikedienstekantoor van Sinode Hoëveld)

Sinode

Tutela | Maatskaplikedienstekantoor van Sinode Hoëveld

Posisie

Hoof- uitvoerende beampte

Sluitingsdatum

29 Augustus 2024

Navrae

Dr Johan Botha

083 785 6056

Inligting

Die pos as hoof- uitvoerende beampte van Tutela in die Hoëveld Sinode is nou beskikbaar, en geskikte kandidate word genooi om aansoek te doen.

Webtuiste: https://tutela.org.za/

Profiel

Ons soek iemand wat die vermoë het om:

  • Tutela visionerend in ’n nuwe rigting te kan lei.
  • Beskik oor goeie kennis van toepaslike wette en beleide in kerklike, statutêre en   maatskaplikediensomgewing.
  • Goeie leierskapeienskappe,
  • Is ’n innoverende denker wat selfstandig kan funksioneer met goeie sosiale en emosionele intelligensie.
  • Het bewese kennis van “social enterprise” en sosiale innovasie.
  • Kandidate sal ook psigometriese toetse voltooi.

Belangrike vaardighede sluit in:

  • Kan prosesse lei en bestuur.
  • Het uitstekende bestuurs- en administratiewe vaardighede.
  • Funksioneer goed in spanverband te midde van onvoorspelbare scenario’s.
  • Kan gesag op horisontale vlak handhaaf.
  • ’n Aanvoeling vir bestuur van diversiteit (ras, gender, taal ens).
Posinhoud sluit in
  • Uitvoerende funksies en sekretariaat.
  • Fidusiêre beampte van Tutela.
  • Koördineer en bestuur werksaamhede in terme van organisasiebestuur en beleidsontwikkeling.
  • Visionering en beeldbou van die organisasie.
  • Skakeling met kerklike strukture, lidorganisasies en bevordering van werksaamhede in kerk en gemeenskap.
  • Die huidige posbeskrywing en salarisinligting is beskikbaar.
  • Die pos is ’n vyf jaar, vastetermynkontrak wat onderhandel sal word.
Aansoek

Aansoeke kan ingedien word voor 29 Augustus 2024 om 12:00. Kandidate wat die kortlys haal, sal genooi word vir ’n onderhoud in Kemptonpark.

Stuur jou CV na phillipc@xsinet.co.za

116 | Maatskaplike NOODLYN