Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Wesselsbron | Leraar

NG Gemeente

NG Gemeente Wesselsbron

Posisie

VOLTYDSE GEMEENTELERAAR

Sluitingsdatum

Ons sal graag jou CV ontvang voor of op

27 Julie 2024. By ontvangs van jou CV en video, sal ons ‘n vraelys aan jou stuur vir voltooiing en wat ons graag sal wil ontvang voor of op

29 Julie 2024, wat ook die sluitingsdatum vir aansoeke is.

Diensaanvaarding

1 Desember 2024 of so spoedig daarna.

Navrae

As jy dus ook hierdie opgewondenheid deel en  God se aanraking hieroor ervaar, versoek ons jou om so spoedig moontlik jou CV, met al jou persoonlike besonderhede, te stuur of jou navraag te rig na:

Thabo van Zyl

Voorsitter van die Kerkraad

wvz@global.co.za

083 468 2388

Carel vd Merwe

Brugleraar

clvdm1@gmail.com

082 821 7600

Gemeenteprofiel

Die NG Gemeente Wesselsbron is tans op reis om “In pas met die lewende God” te wees.
Ons is ernstig in ons verhouding met die Here en ons roepingsfokus is geanker in die woorde van Efesiërs 4:1 en 15 (NLV):
“Geroep…om soos Christus te wees.”

DIE IDENTITEIT VAN DIE GEMEENTE IN DIE VOLGENDE WAARDES:

  • Christus, soos geopenbaar deur die Woord en Gees, is die FONDAMENT waarop die gemeente gebou is.
  • Ons skep VEILIGE VERTROUENS-RUIMTES vir mekaar en vir ander.
  • Ons LUISTER na God, na mekaar en na die gemeenskap.
  • Ons beoefen GELOOFSGEWOONTES. Ons is gestuurdes met ‘n KONINKRYKSVISIE.

Ons is eerder geïnteresseerd in wie jy is en waarmee jy ons kan help om te wees wat ons in Christus behoort te wees. Dit geskied binne verhoudings, toerusting en ander merkers op ‘n geestelike en spirituele ontwikkelingsreis.

Lidmate van die gemeente wil graag bemagtig word in hulle leierskap en in hulle inisiatief, want die grootste bate van Wesselsbron-gemeente is die lidmate. Daarom is bogenoemde waardes op verkillende maniere sigbaar in die gemeente en gemeenskap.

Ander waardevolle inligting:

Wesselsbron is sowat 150km vanaf Bloemfontein en 50 km vanaf Welkom in die Noord Vrystaat.

Dit is ‘n redelik uitgestrekte landbou-gerigte gemeenskap met mielie-verbouing as die belangrikste komponent.

Die gemeente het ongeveer 730 belydende- en dooplidmate.

Die Jeug speel ‘n belangrike rol in die gemeente en gemeenskap met ‘n Jeugkerkraad, goeie kategese en Kinderkerk met toegewyde leiers.

‘n Dinamiese leierspan, Vrouediens en ander aksies, binne ‘n missionale verstaan van die gemeente, help die leraar om sy/haar roeping- en bedieningsfokus te kan uitleef.

Daar is gevestigde skole met goeie sport en akademiese rekords op die dorp en in die omgewing, onder andere die Hoërskool Sandveld (Gr R-12) en plaasskole Humansvlakte, Loskuil en Nelsdrif. Die skole se onderrigtaal is Afrikaans.

Hier is ook ‘n aftreeoord (Silwerbron) wat die dorp en omgewing bedien en deur Engo en die gemeente bestuur word en waar die leraar op die bestuur dien.

Wesselsbron-gemeente maak ruim voorsiening vir reiskoste, medies en ander toelaes en vergoeding geskied volgens die riglyne van die Sinode. ‘n Ruim pastorie word ook voorsien.

Leraarprofiel / ander
  • Goeie menseverhoudings en lidmate kan motiveer en toerus vir hulle dienswerk.
  • Die gawe het om met die jeug, sowel as die bejaardes, te kan saamstap ‘n Insig en begrip toon vir missionaliteit.
  • Konflik kan hanteer.
  • Goed kan kommunikeer, veral in die prediking, en ook ingegrawe is in die pastoraat.
Aansoek

As jy, as gelegitimeerde van die NG Kerk, wat artikel 9 onderskryf, voel dat die Here aan jou raak nadat jy die bekendstelling gelees het, wil ons baie graag van jou hoor deurdat jy die onderstaande aan die onderstaande kontakte stuur.

CV, nie langer nie as vier bladsye met 3 verwysings van persone wat ons kan nader;

‘n Begeleidingsbrief met jou rede vir jou belangstelling om hierheen te kom (met verwysing na jou gawes, jou spesialisasierigting en ander inligting wat ons kan help in die passing van die kandidaat en die gemeente);

‘n Kort bekendstellingsvideo van ongeveer 3 minute; Jou gawes, belangstellings en talente;

Jou DISC-profiel of jou MBTI-profiel, of enige ander soortgelyke profiel, bevat;

Jou ABR-bevoegdheidskode; Asook jou duidelike roepingsfokus.