NG Gemeente
NG Gemeente Waterbron
Posisie
Vaste Kontrakpos – Leraar (onder 70j.)
Sluitingsdatum
13 Oktober 2024
Diensaanvaarding
Die bevestiging sal plaasvind op 19 Januarie 2025
Navrae
Junior Verwey
Voorsitter van die Kerkraad
083 634 0005
Hermuné Olckers
Saakgelastigde
082 492 4357
Gemeenteprofiel
Die gemeente is 12 km van Bloemfontein geleë. Dit is hierdie jaar 90 j. oud. Bestaan uit 348 Belydende Lidmate en 94 Dooplidmate. Daar is tans 14 wyke, waarvan 4 plaaswyke en die res hoewes. Eredienste slegs in die oggende aangesien veiligheid van lidmate en leraar ʼn hoë prioriteit is. Meeste lidmate werk bedags in die stad. Gemeentelike aktiwiteite vind grootliks op Sondae plaas. Daar is ook ʼn Jeugsorgsentrum binne die gemeentegrense met 7 kinders en ʼn huismoeder, onder toesig van ENGO. Die gemeente se geloofsverklaring is as volg: 1. Ons glo in die Woord van God soos in Art. 1 van die Kerkorde deurgegee word as die heilige en onfeilbare Woord van die Here. 2. Ons onderskryf die drie Belydenisskrifte en die Apostoliese Geloofsbelydenis waar ons geloof in die Drie-enige God uiteengesit word. 3. Ons is oortuig dat die Gereformeerde leer veral gestalte vind in die 5 solas en daarom vorm dit die kern van die Evangelieverkondiging in die gemeente, nl. Die Woord alleen, Christus alleen, Genade alleen en aan God alleen die eer. 4. Ons bevestig dat ʼn huwelik slegs bestaan in die permanente verbintenis tussen een man en een vrou wat na die voorbeeld van Christus en sy gemeente ingerig moet word.
Leraarprofiel / ander
- Die leraar moet hom/haar versoen met die geloofsverklaring van die gemeente.
- Toegewyd aan die Here en sy/haar legitimasie-eed wees.
- Entoesiasties wees.
Pligte
- Diensbaar in die gemeente met groepsbesoeke van wyke, besoeke aan nuwe intrekkers, siekes en pastorale probleemgevalle.
- Entoesiastiese en Skrifgetroue prediking.
- Iemand wat alle ander pligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en ooreengekom met die Kerkraad, sal nakom.
- Een afnaweek per kwartaal, verlof en siekverlof volgens riglyne van die Sinode.
Vergoeding en voordele
Pakket is R252 000 per jaar. Geen verblyf of ander voordele beskikbaar.
Aansoek
Aansoeke moet vergesel word van ʼn CV nie langer as 3 bladsye met verkieslik 2 verwysings. Die leraar moet beskikbaar wees vir ʼn onderhoud en preekbeurt gedurende Oktober en November 2024. Rig aansoeke aan: Die Voorsitter: NG Gemeente Waterbron E-pos adres: ngwaterbronkerk@vodamail.co.za Landlyn: 051-445 2345 (Ma., Do. & Vr. 08:00 – 13:00)
Die Kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.