Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Steynsrus | Leraar

NG Gemeente
NG Gemeente Steynsrus
Ring

Sentraal

Posisie

Leraar vastetermyn kontrakpos

Sluitingsdatum

 10 Mei 2024

Diensaanvaarding

Sal met onderhoud bespreek word

Navrae
Herman Janse van Rensburg 0824339914
Frikkie Richter 0827828384
Jonette Engelbrecht 0828330601
Mindus Crous 0823143819
Gemeenteprofiel
Steynsrus is ‘n plattelandse dorp geleë in die Noordoos-Vrystaat. 50 km vanaf Kroonstad en 90 km vanaf Bethlehem.
Senekal is 47 km vanaf Steynsrus met n bussie wat daagliks skoolkinders vervoer.
Hier woon baie jongmense met baie inisiatief o.a. ‘n aktiewe boerevereniging, die OOD-liefdadigheidsorganisasie en ‘n dinamiese VLU.
Hier is ook ‘n pragtige sentrum vir bejaardes.
Daar is tans 236 belydende- en 43 dooplidmate. Ons gemeente is 113 jaar oud en spog met ‘n pragtige kerkgebou. Ons vleisfees en basaar is die hoogtepunte op ons kalender.
Hier is genoegsame winkels asook ‘n koöperasie.
Steynsrus leen hom toe tot ‘n gesonde buiteluglewe.
Kom ervaar plattelandse gasvryheid op sy beste!
Leraarprofiel / ander
  •  ‘n Gelegitimeerde in die NG Kerk
  • ATP-geregistreer
  • Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.
  • ‘n Leraar met ‘n passie vir die plattelandse bediening.
  • Pastorale-, siek- en huisbesoeke word vereis – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die kerkraad.
Vergoeding
  • Totale koste van vergoeding (TKV) – R360 000/ jaar – onderhandelbaar.
  • Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) – munisipale rekening vir eie koste.
Aansoek

Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en preekbeurt – reiskoste tot en met R1000 sal voorsien word.

RIG AANSOEKE AAN:

Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus – ngksteynsrus@gmail.com

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 10 Mei 2024

DIENSAANVAARDING: Sal met onderhoud bespreek word.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

116 | Maatskaplike NOODLYN