NG Gemeente
Estoire
Ring
Suidoos-Bloemfontein
Posisie
Deeltydse Leraar: (twee jaar)
Sluitingsdatum
10 Desember 2023
Diensaanvaarding
Navrae
Ds. Robbie du Toit
084 401 6117
Gemeenteprofiel
Estoire-gemeente is geleë aan die noordoostelike kant van Bloemfontein (naby die lughawe). Die gemeente is verdeel in 50% hoewebewoners en 50% lidmate wat in die stad woon. Daar is 290 belydende en 70 dooplidmate. ’n Groot aantal lidmate is bo die ouderdom van 50 jaar.
Ons is ’n gemeente met ’n sterk omgeekarakter. Die visie van die gemeente is dan ook:
Gee om: vir Christus en vir mekaar. Daar heers ’n baie ontspanne atmosfeer in die gemeente en dit vind ook neerslag in hartlike en vriendelike atmosfeer in die eredienste. Sang speel ’n belangrike rol in die eredienste.
Leraarprofiel / ander
· Die leraar moet passievol wees oor sy/haar roeping wees en op ’n kreatiewe wyse die pligte van Artikel 9 van die Kerkorde kan uitvoer.
· Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia is belangrik.
· Die bou en onderhouding van menseverhoudinge is prioriteit.
· Die gemeente het ’n sensitiewe pastor nodig met ’n liefde vir die geestelike versorging van ouer lidmate, én ’n aanvoeling vir kinderbediening.
· Die gemeente bid vir ’n leraar wat die karakter van en atmosfeer in die gemeente verder kan uitbou.
Pligte
Praktiese reëlings:
Die leraar moet naby genoeg aan Estoire woon om beskikbaar te wees vir dringende gevalle soos siekte en dood.
Werksure sal onderhandel word en die leraar moet beskikbaar wees vir 3 eredienste per maand.
Vergoeding
Vergoeding is onderhandelbaar in ooreenstemming met die aantal werksure wat moontlik is. Die gemeente bied ’n salarispakket aan van R25 000 per maand.
Aansoek
Rig aansoeke aan: Die Kerkraad van NG Kerk Estoire: E-pos: ngkerkestoire@gmail.com
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt. Help ons asseblief om jou beter te leer ken: stuur jou CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook name en kontakbesonderhede van drie verwysings per e-pos aan Machel Crause by bogenoemde e-posadres.