Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Gemeente Reddersburg | Leraar hulppos

NG Gemeente

NG Gemeente Reddersburg

Posisie

Leraar-hulppos – vaste termyn

Sluitingsdatum

30 Augustus 2024

Diensaanvaarding

1 November 2024 of so na as moontlik aan die datum.

Navrae

Wimpie du Plessis

Leier-ouderling

083 659 4296

Isabel du Plessis

Skriba

083 382 6566

Gemeenteprofiel

Reddersburg is ‘n klein, plattelandse boerderygemeenskap sowat 60 km suid van Bloemfontein op die N6. Ons het ongeveer 253 belydende en 63 dooplidmate. Die Landbouskool Hendrik Potgieter, Kinderhuis en Reddersrus, ‘n tehuis vir bejaardes, is deel van die dorp.

Leraarprofiel / ander

Daar sal van die leraar verwag word om Sondae se twee erdienste waar te neem. Een diens vind paas by Reddersrus, en die ander diens by die Kerk. Die leraar moet ook 1 dag per week beskikbaar wees vir huisbesoek en ander kontak met lidmate. ‘n Leraar met ‘n hart en begrip vir ‘n plattelandse boerderygemeenskap se unieke uitdagings.

Pligte

Dit sal met die leraar, na gelang van die behoeftes, ooreengekom word.

Vergoeding en voordele

Onderhandelbaar.

Aansoek

Aansoeke moet ‘n volledige CV en minstens drie verwysings met kontakbesonderhede insluit. Aansoekers wat die kortlys haal, sal vir ‘n onderhoud genooi word en moet beskikbaar wees vir die waarneem van ‘n oggenddiens. Met die stuur van die CV gee u toestemming dat u inligting volgens bepalings van die POPIA-wetgewing aangewend kan word.

Die kerkraad behou die reg om nie die vakature te vul nie, sou ‘n geskikte kandidaat nie gevind word nie. Stuur asseblief u aansoek na die e-posadres: ngkreddersburg@zipplink.co.za

116 | Maatskaplike NOODLYN