
‘n Uitnodiging tot stilte vir jou | NG Gemeente Philippolis
June 27 - June 29

Ons nooi jou uit vir ’n tyd van stilte, luister, musiek en sommer net die geniet van ’n baie spesiale plattelandse dorp – Philippolis.
Eugene Peterson beskryf in sy boek The Contemplative Pastor ’n groot realiteit vir ons almal … “ How can I lead people into the quiet place beside the still waters if I am in perpetual motion? How can I persuade a person to live by faith and not by works if I have to juggle my schedule constantly to make everything fit into place?”
Ons wil graag vir jou ’n ruimte skep waar jy vir ’n oomblik kan wegbreek uit al die verwagtinge en afsprake en net kom afskakel en stil word.
Vir R900 kan jy 2 nagte kom oorbly en jou verblyf, ontbyt en twee middagetes is alles ingesluit!
Ons het beperkte plek. Kontak spoedig indien jy belangstel.