Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Lydenstyd

Feb 19, 2023 | 12:00 am - 12:00 pm SAST
Free

Matt 17:1-8 | Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg gebring waar hulle alleen was. Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat. Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Terwyl hy nog praat, het ‘n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ‘n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” Toe sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval. Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: “Staan op en moenie bang wees nie.” Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.

Lydenstyd is ’n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig, deur sy lyding in herinnering te roep en
daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees. Ons dink terug aan die verheerliking van Jesus Christus op die Berg. Hier was die Godheid en Koningskap van Jesus Christus reeds sigbaar.

Hierdie verheerliking het Jesus Christus se lydenstyd ingelei.

Kleure: Wynrooi of Pers

Tydperk: 6 weke (40 dae, Sondae uitgesluit) vanaf Aswoensdag tot en met Goeie Vrydag

Oorgeneem uit Visuele konsep voorstelling van kerkjaarkalender deur NGK Durbanville-Bergsig

Details

  • Date: Feb 19, 2023
  • Time:
    12:00 am - 12:00 pm SAST
  • Cost: Free
  • Event Category:

Venue