Excelsus | Die pastor in ’n eeu van egtheid

🌿 AANLYN WEBINAAR | Die pastor in ’n eeu van egtheid
Wat beteken dit om vandag ’n geloofwaardige pastor te wees in ’n wêreld wat na egtheid smag?
Die bediening het die afgelope dekades ingrypend verander. Predikante en gemeenteleiers beleef toenemend spanning rondom identiteit, relevansie en roeping. Tydens hierdie insiggewende aanlynsessie neem dr. Gerrie Bodenstein deelnemers saam op ’n reis om die veranderende kultuur beter te verstaan en te ontdek wat dit beteken om met integriteit en egtheid te bedien.
📅 Datum: 13 Augustus 2026
🕘 Tyd: 09:00 – 16:00
💻 Aanlyn
🎓 10 VBO-punte
💰 Koste: R325
👉 Registreer hier: https://forms.gle/pQ415XU7gHUuq3HZ8
Moenie hierdie geleentheid misloop om saam te dink oor geloofwaardige bediening in ’n veranderende wêreld nie. Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom.
