Skip to content Skip to footer

die lammertjie, wat gedurig loop en droom, woon nou al ’n paar maande saam met sy ouers in Blêrfontein. Leon voel nou al deel van die gemeenskap en hy het al met baie van die diere te doen gekry. Daar was  plaashond-oompies,  katte-tannies  en  diere  van elke soort.

Blêrfontein is eintlik ’n skapedorp en Leon het heelwat oulike skape ontmoet. Daar is skape by die skool, by die winkel, en sy mamma en pappa het ook skaap-vriende. Dan is daar skape soos tannie Êna wat Leon leer ken het en van begin hou het. Leon het ook Armach Breytenblaf die skaaphond ontmoet – sy nuwe held wat hom beskerm het teen die nare Jan Jakkals.

Hy het ook gehoor van die “Herder,” die Een wat ons almal veilig laat wei. Dit was vir Leon nog ’n vreemde idee. En dan was daar ook Tjoppie, Leon se blêr. Sy beste blêr.

“Ek wonder wat maak Tjoppie vandag,” dink Leon en hy besluit om sy maatjie te gaan soek. Tjoppie is ’n skaatsplank-skapie en skaatsplank- skape is gewoonlik op Saterdae by die skaatsplank- park. Toe Leon by die skaatsplank-park aankom, sien hy nêrens vir Tjoppie nie.

“Hmmm … Ek wonder waar kan hy wees?” sê Leon hardop terwyl hy sy kennetjie vryf en rondkyk. “Aha! Daar’s hy!” sê Leon toe hy Tjoppie sien. Tjoppie sit op ’n bankie onder ’n groot boom in die middel van die park oorkant die straat. Leon is so opgewonde om Tjoppie te sien dat hy sommer na hom toe hardloop. Hy kyk eers regs, dan links en dan weer regs voordat hy oor die pad stap.

Toe Leon by die skaatsplank-park arriveer is Tjoppie nêrens te vinde nie. “Ek wonder waar kan hy wees?” sê Leon hardop. “Hmmm …” snif hy terwyl hy sy kennetjie vryf met oë wat oral kyk.

Toe hy by Tjoppie kom, hoor Leon dat Tjoppie met iemand gesels, al is daar niemand by hom nie.

“Dankie, Here, dat U so ’n mooi dag gemaak het. U is goed. Dankie dat U my beskerm het vandag by die skaatsplank-park. U is my Herder. Dankie dat U my  veilig laat wei,” hoor hy Tjoppie sê.

Tjoppie was besig om te bid, maar Leon het dit nie geweet nie. “Amen!” sê Tjoppie. Toe hy vir Leon sien, groet hy hom vriendelik: “Haai, my blêr!”

“Met wie praat jy so, Tjoppie?” vra Leon nuuskierig. “Ek bid, my blêr,” antwoord Tjoppie. “Bid?!” vra Leon verward. Sy een oor spits en sy koppie draai skuins. “Hoe bedoel jy bid?”

“Ek bid, my blêr, soos in ek ‘praat-met-ons-Skepper’ bid,” antwoord Tjoppie. “Huh? Ons Skepper? Bedoel jy die Herder? Die Een wat ons veilig laat wei?” vra Leon onseker.

“Ja, my blêrtjie!” antwoord Tjoppie, heel opgewonde. “Die Herder en die Skepper is dieselfde Persoon. Die Herder maak dit vir ons moontlik om met die Vader te gesels. Na die kruisiging is daar ’n direkte lyn na ons Vader toe. Dit is bevange!” vertel Tjoppie.

“’n Direkte lyn, sê jy?”

“Natuurlik, my blêr!” antwoord Tjoppie. “Jy kan ook met die Herder praat! As jy ooit alleen voel, bang is of as jy wonder oor dinge, moet jy bid. As jy opgewonde is of as jy net met iemand wil praat. Jy kan sommer enige ander tyd en op enige plek met Hom praat! Hy luister na ons en Hy sien alles!”

“Sjoe!” dink Leon hardop. Is dit nie wonderlik nie? Leon besef nou dat hy ook kan bid. Tjoppie en tannie Êna het hom geleer dat daar ’n Herder is. Dat Hy ook die Skepper is wat alles gemaak het – al die diere van Blêrfontein, en ook vir hom. En nou hoor Leon ook dat hierdie Herder sy vriend wil wees!

Leon en Tjoppie sit nog ‘n rukkie en gesels oor die Herder. Leon is bly hy het ‘n maatjie wat hom so baie kan leer oor die Here. Later daardie aand het Leon langs sy bedjie  gekniel, sy ogies toegemaak, sy pootjies saamgesit en self probeer bid vir die eerste keer. Tjoppie het   vir  Leon gesê hy kan  enigiets  vir  die  Herder sê. Leon sê dankie vir al die diere op die dorp, vir sy mamma en pappa, vir tannie Êna, Armach Breytenblaf en ook vir sy maatjie, Tjoppie.

Nadat Leon “Amen” gesê het, het Leon nader aan die Herder gevoel.

Hy is baie dankbaar dat hy met die Herder kan praat.

‘n Projek deur NG Kerk Vrystaat se JONK Vrystaat Netwerk in samewerking met Schink Publishing.

Geskryf, geïllustreer en oudio-opnames deur Martin Schwella, Schink PTY. (ltd.)

Temas en Teologie deur ds Francois Lamprecht, JONK Vrystaat

(“die Kerkmuise“), NG Kerk Vrystaat

Ontwerp deur Celicia McLean en Carlie Niehaus Geset in

www.ngkerkvrystaat.co.za

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, gestoor word in ’n herwinningstelsel, of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, elektronies, meganies, fotostaat, opgeneem word sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers en uitgewers nie.