Clarens Hermitage
Hermitage is ‘n lewensgebaseerde ruimte waar mense die spirituele kern van lewe en leierskap kan ontdek en beleef.
Die Clarens Hermitage is in die skilderagtige Oos-Vrystaat.
Ons bied ‘n ruimte waar leierspanne en ook individue na behoefte nuwe paaie kan begin uitkerf en ontdek.
Leraars, gemeenteleiers en lidmate sal ontsaglik baie baat vind by ‘n hernude gesprek oor leierskap wat nie resepmatige lysies en teoretiese modelle bespreek nie, maar wat die dieper spirituele en funksionele aspekte van leierskap op ‘n eenvoudige en praktiese manier aan die orde stel. Soos dissipelskap die basiese DNS van kerkwees behoort te wees, behoort Christelik-gefundeerde, organiese, funksionele leierskap die basiese DNS van ons funksionering te wees.”
Datums
11 - 15 Augustus 2024
22 - 26 September 2024
20 - 24 Oktober 2024
24 - 28 November 2024
pelgrim-staptogte
Ons begin op ‘n Sondagmiddag en vertrek weer teen 12:00 die Donderdagmiddag. Sondagaand is daar ‘n verwelkomings- en inligtingsbyeenkoms, aandete en ‘n meditatiewe (stil) aanbiddingsgeleentheid. Donderdag is daar tyd vir refleksie en heroriëntering, saam eet vir oulaas en afskeid met ‘n aanbiddingservaring.
Die drie vol dae bevat ‘n verskeidenheid van ervarings
‘n Daaglikse pelgrimsroete
Die staptogte se afstande wissel. Op die eerste dag stap ons so 14km. Die Dinsdag se roete is so 13km. Woensdag se roete is twee “trekke”. Die eerste trek so 10km en dit eindig met ‘n goeie etebreek en siësta. Die tweede trek is so 8km en sluit ons pelgrimstap af. Behalwe die asemrowende natuurskoon is daar inspirerende begronding in die plaaslike stories en geskiedenis. Interessante ontmoetings met plaaslike inwoners en unieke roetes wat nie toeganklik is vir die algemene publiek nie.
‘n Geestelike “Pelgrimstog van Hoop”
Deur middel van daaglikse begeleide lees van die Woord, geestelike joernaal skryf, “roetekaarte” wat tydens die stap leiding gee en gebedsvriende wat inhaak vir gesprek en saambid.
Plattelandse gasvryheid
Elkeen bly oor in ‘n plaaslike gastehuis van eie keuse. Die bedoeling is om gemak, rustigheid en privaatheid te ervaar. Letterlik ‘n persoonlike toevlug waar elke reisiger tot verhaal kan kom.
Feesviering
Ons streef daarna dat elke reisiger ‘n volle sintuiglike ervaring van God se goedheid sal ervaar. Daarom eet ons heerlik, kuier met oorgawe en beleef ons al die kultuur, kuns, handwerk en gastronomie wat eie is aan die dorp.
Meditatiewe (stil) aanbidding
Die reisigers neem by twee geleenthede deel aan ‘n aanbiddingservaring wat gebaseer is op die “Taizé”-styl. Ons het ervaar dat dit mense help om diep-geestelike skoffelwerk te doen.
Begronding
Ons probeer so vêr as moontlik die deelnemers vertroud maak met die “grond” waarop ons leef en loop. Plaaslike geskiedenis, stories en mense vorm deel van die kaleidoskoop.
“Sobremesa”
Saam gesels, deel, stories hoor en harte oopmaak in die aande na die aandete.
- Kleredrag na gelang van die seisoen
(Hou in gedagte dat winters snerpend koud word en dat ‘n warm kledingstuk of twee in die somer nodig kan wees) - ‘n Dag-stap rugsak
- Skryfgoed
- Lekker gemaklike stapskoene en stapklere
- Sonhoed
- Persoonlike medikasie
- ‘n Wandelstok is aan te beveel
- Sonbril
pelgrim-staptogte
Die roetes waarop ons stap is oorwegend gemaklik en nie oormatig uitdagend nie. Uit die aard van die omgewing is daar hier en daar stewige opdraendes, maar die roetes is so ontwerp dat daar nie te uitdagende klimme is nie. Om gemaklik deel te neem aan die stap-ervarings, beveel ons aan dat reisigers voorberei om gemaklik 10km te kan stap. Die stap self is teen ‘n gemaklike pas wat genoeg kans gee vir die waardering en belewing van die omgewing. As jy onseker is hoe om voor te berei, kontak ons gerus ‘n paar weke vooraf sodat ons kan leiding gee.
- Clarens Hermitage word 8 keer ‘n jaar aangebied op die beskikbare datums soos genoem.
- Daar is slegs vir 12 persone/bespreking(s)plek beskikbaar per geleentheid.
- Die koste sluit nie verblyf in nie.
- Om jou bespreking(s) digitaal te vergemaklik kan bespreking(s) direk op die webblad gedoen word.
- Sodra jou bespreking(s) gestuur is, sal jy ‘n e-pos ontvang met ‘n hiperskakel na opsionele oornagverblyf opsies teen ‘n spesiale prys.
Volg die volgende stappe om jou bespreking(s) te verseker:
Stap 1
Vul die aanlynvorm hieronder in met besonderhede soos gelys.
Stap 2
Stuur die bespreking(s).
Stap 3
Ontvang ‘n e-pos met die bankbesonderhede asook ‘n hiperskakel na opsionele oornagverblyf opsies teen ‘n spesiale prys.
Stap 4
Betaal jou Clarens Hermitage bespreking(s) met die verwysing nommer soos in die e-pos beskryf.
Stap 5
Ontvang jou bespreking(s) bevestiging per e-pos.