Skip to content Skip to footer

Administratiewe beampte | Oostelike Sinode Pretoria-Oos

Posisie

Administratiewe beampte | Oostelike Sinode

Sluitingsdatum

20 Maart 2026

Navrae
Aansoek

Ons nooi jou uit om deel te word van die dinamiese en toegewyde administratiewe span van die Oostelike Sinode in Pretoria-Oos!

Die Sinodehuis het ’n halfdag pos beskikbaar vir ’n persoon wie se hoofverantwoordelikheid sal wees om administratiewe ondersteuning te bied aan die Uitvoerende Amptenaar, personeel en die Sinodale Diensraad.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Dag-tot-dag kantoorbestuur en koördinering van administratiewe funksies

  • • Ontvangsdienste en hantering van korrespondensie

  • Vergaderingsadministrasie en logistieke reëlings

  • Ondersteuning met onderhoud van databasisse

  • Batebestuur en instandhouding van kantoortoerusting

  • Ondersteuning aan taakspanne en diensgroepe

    Vereistes en vaardighede:

  • Uitstekende organisatoriese vaardighede
  • ’n Noukeurige werkswyse met besondere aandag aan detail
  • Uitstekende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels (mondeling én skriftelik)

  • Sterk rekenaarvaardighede met die vermoë om onafhanklik met die MS Office-pakket te werk

  • Vermoë om selfstandig te werk, prioriteite te bestuur en effektief in ’n spanverband te funksioneer

  • Hoë vlak van professionaliteit, diskresie en vertroulikheid

  • Aangename persoonlikheid met uitstekende interpersoonlike vaardighede

  • Bereidwilligheid om nuwe vaardighede aan te leer

Die salarispakket is onderhandelbaar. Die Sinodekantoor funksioneer hoofsaaklik in Afrikaans en is deel van die breër Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die kandidaat moet met dié kerk se etos en waardes kan vereenselwig. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik op 1 Mei 2026 diens kan aanvaar. Die Oostelike Sinode behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. CV’s moet duidelik aandui hoe die kandidaat aan die vereistes van die pos voldoen en moet ten minste drie referente met kontakbesonderhede insluit. Slegs referente van kandidate wat vir ’n onderhoud genooi word, sal gekontak word.

Kontak

Om aansoek te doen, stuur CV na:

  uitamp@sinoos.co.za