NG Gemeente
NG Gemeente Bergsig | Newcastle
Posisie
Voltydse Leraar
Diensaanvaarding
Die datum van diensaanvaarding sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.
Sluitingsdatum
17 April 2025
Navrae
Navrae kan gerig word aan die Saakgelastigde 087 527 0623, weeksdae in die oggende,
of per E-Pos skriba@bergsignewcastle.co.za
Gemeenteprofiel
- Bergsig is ’n plattelandse gemeente in Newcastle, Noord Kwazulu-Natal (ongeveer 300 km vanaf Durban en Johnnesburg). Newcastle as dorp is die derde grootste metropool in KZN en het ‘n sterk industriële komponent met nywerhede in die staal, tekstiel, sement, chemiese en mynbou sektore. Die dorp ondersteun ook ‘n groot boerdery gemeenskap. Daar is ‘n hele aantal gevestigde laerskole asook ‘n aantal hoërskole in die dorp.
Die gemeente het ongeveer 950 belydende- en 210 dooplidmate en bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe. Daar is twee ander Nederduits Gereformeerde gemeentes in die dorp. Bergsig gemeente val onder die Amajuba-ring en is deel van die Sinode van Kwazulu-Natal. - Ons is ’n Gemeente wat geesvervuld leef vir die koningkryk van God. Die ideale gemeenteprofiel : Familie-gesentreerd, lewendig met ‘n sterk jeug bediening, skrif getroue prediking met ‘n passievolle deelname in die samelewing.
- Ons omgewing en gemeenteprofiel word geraak deur die ekonomiese ontwikkeling in die dorp. ArcelorMittal (staalbedryf) was in die verlede die grootste bron van nuwe lidmate, maar oor tyd het dit heelwat verander en neig die jonger lidmate meer om entrepreneurs te wees. Dit veroorsaak dat jonger lidmate en gesinne toenemend hier vestig en sakegeleenthede gebruik, wat ’n besliste invloed op die bedieningsfokus van die gemeente meebring.
Leraarprofiel / ander
- Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat ons visie as geesvervulde gemeente sal deel en sal aanklank vind by ons waardes.
- Hierdie pos is vir ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wat die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde sal nakom.
- Die gemeente het ’n behoefte aan ’n dinamiese, geesvervulde leraar wat entoesiasties is oor sy/haar roeping, wat ’n passie het vir die skrifgetroue verkondiging van die Woord en wat omgee vir mense.
- Ons soek ‘n persoon wat die Vrug van die Gees demonstreer: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.
- Die persoon moet ‘n sagte hart hê om die gemeente te versorg en te dien – moet ‘n dienende leier wees wat deur sy/haar voorbeeld lei en sorg dra vir die geestelike welstand van die gemeente.
- Die persoon moet in staat wees om die Woord van God akkuraat te bedien en die gemeente in die waarheid lei.
- Persoon moet bewese vaardighede hê in die gebruik van sosiale- en multimedia om sodoende kommunikasie te bevorder.
- Die persoon moet oor die vermoë beskik om gemeentelede toe te rus en te ondersteun om verantwoordelikheid vir projekte en bedienings te neem. Hy/sy moet inisiatiewe toelaat en deelname van gemeentelede aanmoedig.
Vergoeding en voordele
- ‘n Pakket in lyn met sinodale riglyne.
- Die pakket sluit behuising (pastorie) in.
Aansoek
- Belangstellendes moet ’n volledige CV elektronies stuur, met die name, kontaknommers en E-Pos adresse van minstens drie referente wat gekontak kan word.
- Die beroepingskommissie versoek ook ’n een minuut video-opname waarin belangstellendes hulle roeping en rede vir aansoek bespreek. Die video of skakel na die video, moet asseblief saam met die CV per E-Pos gestuur word.
- Indien beskikbaar, voorsien asseblief ’n webskakel na ’n erediens wat die aansoeker behartig het.
- Die sluitingsdatum vir aansoeke is 17 April 2025.
- Navrae kan gerig word aan die Saakgelastigde (087 527 0623), weeksdae in die oggende, of per E-Pos (skriba@bergsignewcastle.co.za).
- Die datum van diensaanvaarding sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.
Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.