Posisie
Kommunikasie en Mediakoördineerder 12 Maande kontrak
Sluitingsdatum
24 April 2026 om 13:00
Navrae
dewyku@ngkerk.org.za.
Aansoek
Die Algemene Sinode van die NG Kerk is op soek na ’n dinamiese en kreatiewe Kommunikasie en Media Koördineerder om by ons span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die ontwikkeling, implementering en instandhouding van ‘n kommunikasie- en media-strategie.
Sleutelverantwoordelikhede:
• Ontwikkeling, implementering en instandhouding van ’n kommunikasiestrategie in samewerking met die Algemene Sekretaris
• Skep, beplan en publiseer relevante, kreatiewe en doelgerigte inhoud vir verskeie media platforms
• Instandhouding en opdatering van die organisasie se webtuiste
• Samewerking met interne rolspelers om konsekwente en effektiewe kommunikasie te bevorder en te verseker
Persoonsvereistes:
• Matriek met relevante kwalifikasie/kortkursusse (kommunikasiekunde, bemarking, joernalistiek, multimedia studies, ens.) en/of bewese ervaring.
• Bestuurservaring as kommunikasiekundige sal in die aansoeker se guns tel.
• Goeie verstaan van en/of ervaring in kerklike omgewing en konteks.
• Sterk skryf- en kommunikasievaardighede in Afrikaans & Engels.
• Basiese kennis van webtuiste-instandhouding en inhoudbestuurstelsels (bv. WordPress)
• Basiese grafiese ontwerp en of video-redigering vermoëns (bv. Adobe, Canva)
• Kreatiewe denke, goeie tydsbestuur en aandag aan detail
• Vermoë om met groot spanne te kan saamwerk – met ‘n begrip van sisteme.
• Vermoë om selfstandig te werk
Vergoeding:
’n Mededingende vergoedingspakket binne die kerklike / nie-winsgewende sektor; onderhandelbaar – ervaring sal in ag geneem word.
Kantoorure:
Die pos vereis kantoorpligtigheid en werksure word op ‘n fleksie-basis onderhandel.
Kontak
Belangstellendes kan hul CV & portfolio met voorbeelde van kommunikasie-uitsette of mediawerk en ’n kort motiveringsbrief stuur na dewyku@ngkerk.org.za. Sluit twee referente in. Aansoeke sluit op 24 April 2026 om 13:00. Diensaanvaarding so spoedig moontlik.

