NG Gemeente
NG Gemeente Hertzogville
Posisie
Voltydse Leraarpos
Sluitingsdatum
Sal verskaf word
Navrae
Azél Jacobs (skriba)
053 421 9112 (k)
Ds Riekie Wilkens (konsulent)
074 804 6162
Tinus Linde (Voorsitter van die Kerkraad
083 660 2886
Gemeenteprofiel
Ons is ‘n boerderygemeenskap in die Noord Weste hoek van die Vrystaat en ongeveer 140km vanaf Bloemfontein. Hertzogville is ‘n behoudende gemeenskap.
Die gemeente bestaan uit 253 belydende lidmate en 64 dooplidmate, daar is ses plaaswyke en vier dorpswyke.
Hertzogville gemeente is ‘n baie meelewende gemeente, wat n hoë premie plaas op skrifgetroue woordverkondiging. Nie saamgaan met die tydsgees nie en standvastig in hul leer en lewe is.
Baie goeie Laer en Hoërskool in Hoopstad, 50km vanaf Hertzogville
Leraarprofiel / ander
‘n Leraar met ‘n lewende en persoonlike verhouding met God, Drie-Enig,
Leraar wat sal kan aanpas in plattelandse gemeenskap.
‘n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ‘n visie vir geestelike vernuwing .
‘n Kreatiewe, dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.
‘n Energieke persoon met ‘n passie vir mense.
Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die lewende Woord in alle omstandighede suiwer kan bedien.
Vergoeding en voordele
Totale vergoedingspakket – onderhandelbaar “binne Sinodale riglyne”.
Die gemeente bied ‘n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.
Aansoek
Gee ‘n duidelike uiteensetting van hoe u, u rol as leraar sien, ‘n CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel.
Rig u aansoek en CV per e-pos aan, nghzvl@gmail.com
Sluitingsdatum: Aansoeke sluit 12 Maart 2026
Diensaanvaarding: 1 Julie 2026
Vir enige verdere navrae, kontak vir Azél Jacobs (skriba) by 053 421 9112 (k), of vir ds Riekie Wilkens (konsulent), by 074 804 6162, of Tinus Linde (Voorsitter van die Kerkraad) by 083 660 2886
Die Kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.

