Skip to content Skip to footer
2025

Die wêreld op ons voorstoep

Die fokus vraag hierdie jaar was hoekom is daar binne ons plaaslike Gemeente grense so baie mense van vreemde plekke in die wêreld? Elke dorp in die Vrystaat het n goeie klomp mense van China, Pakistan, Ethiopië, Sudan, Kongo ens. Het God dalk hulle hierheen gebring sodat ons die evangelie, die Goeie nuus van Jesus aan hulle kan bring? ‘n Verdere vraag is dan hoe doen ons dit? Sprekers was Mike Bernard, De La Harp Le Roux en Nico Mostert. Temas wat behandel is het ingesluit wat gebeur plaaslik, hoe werk sending in midde dorpe of stede en werkplekke en wat leer ons uit die 2024 Lausanne konferensie. Die wegbreek groepe het gepoog om vir gemeentes praktiese wenke te gee oor hoe om met Moslems die evangelie te deel, kinderevangelisasie wat tydens vakansie tye by gemeentes kan gebeur en hoe sokker en rugby balle ‘n verskil kan maak as die goeie nuus saam met hulle versprei word.

Ons gaan in 2026 weer bymekaar kom en intussen luister ons fyn by die Here wat die tema moet wees!

kontak ons

Leierskap Netwerk