Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

NG Kerk Louis Trichardt – Stad op die Berg vakatuur vir medeleraar

NG Gemeente

NG Gemeente Louis Trichardt

Posisie

’n Voltydse gelegitimeerde NG Leraar wat geroepe is om die Gemeente en Kerkraad te help om hulle missie uit te leef in lyn met die aanvaarde visie van die gemeente

Sluitingsdatum

Vrydag 27 Februarie 2026 om 12:00

Navrae

André Weideman:
Voorsitter DVK
andre.jac.weideman@gmail.com
0846885267

Ds. Jan Pretorius:
Voorsitter Kerkraad
janpretorius@mweb.co.za 0798819673

Gemeenteprofiel
  • Groot plattelandse gemeente met geografiese bedieningsarea 120km x 80km bestaande uit 711 Belydende en 217 Dooplidmate.
  • 2 Buite preekpunte, Kleuterkerk diens, Laerskool diens, Engelse diens
  • Bedieningspan:
  • Leraar Vastetermynkontrak tot April 2027
  • Medeleraar Jeug, Gesinne, Kleingroepe
  • Leraar (Tentmaker),
  • Fokus areas: Eredienste, Betrokkenheid (Missionaal), Jeug, Bejaardes en Kleingroepe.
  • Bergcare NPO Gemeenskapsorganisasie behoeftige bejaardes en gesinne Deernispakkies, Charity Shop, Kwekery, Herwinningsprojek en Deurgangshuis.
Leraarprofiel / ander
  • ‘n Toegewyde kind van die Here wat deur Hom tot die bediening geroep is.
  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
  • Moet deerrnis hê vir ons Bejaardes in die gemeente en gemeenskap.
  • Leierseienskappe hê en dissipels/leiers kan oplei en help om die gemeente te bestuur.
Vergoeding en voordele

Vergoeding sal volgens die sinodale riglyne en die TKVI beginsel, onderhandel word. Behuisingstoelaag, die gemeente het nie ‘n pastorie nie.

Aansoek

Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na sg@stadopdieberg.co.za. en vergesel wees van ‘n volledige CV met vier referente.  Aansoeke moet nie vier bladsye oorskry nie. Die kandidaat en sy/haar eggenote moet beskikbaar wees vir ‘n naweek (Vrydag-Sondag) om die gemeente en kerkraad te ontmoet en ‘n erediens te lei.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.