NG Gemeente
NG Gemeente Clocolan
Posisie
Vaste-termyn met ‘n kontrak van 2-3 jaar.
Sluitingsdatum
30 Oktober 2025
Diensaanvaarding
1 Januarie 2026
Navrae
PJ Botha:
082 458 6096
Kosie Moolman:
082 401 0141
Gemeenteprofiel
Ons is ‘n skrifgefundeerde gemeente in die Oos-Vrystaat met 236 lidmate. Ons is ‘n diverse boeregemeenskap en een van die beste landboudistrikte in die land. Die area is bekend vir verbouing van koring, soja, mielies en groente, asook veeboerdery, en die produksie van spesialiteits-vrugte soos kersies. Clocolan is n plattelandse gemeenskap sowat 170 km vanaf Bloemfontein en 120 km vanaf Bethlehem. Ons spog met ‘n goeie Laerskool asook ‘n baie goeie aftreeoord, “Cloc In”, waar al die bejaardes baie na aan ons hart is.
Leraarprofiel / ander
- Skrifgetroue predikant volgens die Belydende skrif.
- Bedien die gemeente volgens artikel 9 van kerkorde.
- Hospitaal- en huisbesoek is belangrik vir ons gemeente.
- Betrokkenheid by Bybelstudie groepe.
- Evangelie en misionêre aangeleenthede.
Pligte
- Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente entoesiasties te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele
Onderhandelbaar
- Pastorie is beskikbaar
Aansoek
Indien jy geroepe voel om vir hierdie pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede wat onder andere die volgende insluit:
• Volledige CV, nie meer as 3 bladsye nie.
• Drie (3) verwysings, asook kontaknommers.
• Bereid wees om vir ‘n onderhoud te kom, en deelneem aan ‘n preekbeurt.
• Motiveer kortliks waarom u geroepe voel vir die aansoek vir die bediening.
• Stuur aansoeke per e-pos aan ngcloc@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.