- This event has passed.
Basaar | NG Gemeente Riebeeckstad-Erfdeel
Aug 5, 2023 | 8:00 am - 3:00 pm SAST

Riebeeckstad-Erfdeelgemeente is baie opgewonde oor Saterdag 5 Augustus se Basaar. Die dag skop af met ‘n pretstap om 08:00 en daarna die opwindende basaar vanaf 09:00-15:00. Dit beloof om ‘n dag vol lekkerte en kuier te wees. Die basaar sluit heerlike kos, vars vleis, gebak en baie pret en vermaak vir oud en jonk. Daar is lekker bubble tea, ‘n petting zoo, gel blaster en die ‘cheetah-trein’, asook vele ander lekkertes. Drumability is ook deel van hierdie jaar se basaar en beloof vet pret vir die hele gesin.
Maak seker dat jy dit nie misloop nie!
Besoek gerus ons Facebookblad vir meer inligting of kontak die kerkkantoor by (057) 388 3186.

