- This event has passed.
Kerkwees in Kubertyd | Kaapkerk

Kaapkerk nooi alle kerkpersoneel, veral dié wat by hul gemeente se kommunikasie betrokke is, uit na ’n praktiese, gratis webinaar op 13 Augustus 2025.
In vandag se wêreld speel aanlyn ruimtes en tegnologie ’n al hoe groter rol in hoe ons as kerk teenwoordig is, stories vertel en mense bereik. Hierdie webinaar help jou hoe om dit eenvoudig, sinvol en met selfvertroue te doen.
Wat bied die werkswinkel?
Deel 1: Sosiale media as uitbreiding van jou bediening
Leer hoe sosiale media ’n tweede preekstoel kan word waardeur die gemeente mense kan bereik. Ons gesels onder andere oor:
- Hoekom jou gemeente se aanlyn teenwoordigheid belangrik is
- Wat elke platform soos Facebook, Instagram, WhatsApp, YouTube en TikTok uniek maak
- Praktiese wenke, idees en voorbeelde
- 10 goue riglyne vir sinvolle, geloofsversterkende inhoud
Deel 2: Kunsmatige Intelligensie (AI) as hulpmiddel in die kerkkantoor
Ontdek hoe AI jou daaglikse take makliker en vinniger kan maak, sonder om die hart van bediening te verloor. Jy leer hoe om AI te gebruik vir onder andere:
- Transkribering van opnames of oordenkings
- Taalversorging en vertalings
- Opsommings van vergaderings of dokumente
- Antwoorde op e-posse en struktuur vir aankondigings
- Idees vir preke, oordenkings en sosiale media inhoud
- Basiese data-analise
