- This event has passed.
Die Generasie Bagasie Ervaring | Clarens Hermitage



Ons manne dra baie keer swaar aan persoonlike dinge waarvan ons nie eers bewus is nie. Dit beīnvloed ons menswees, ons verhoudings en ons werk soms baie negatief en maak dit moeilik om met (en tot) seën te lewe. Ons DOEN dinge, maar LEEF nie met oorgawe nie! Hierdie naweek is ’n kans om saam met ander manne bietjie “af te pak” en opnuut onsself as MENS en nie net MAN nie, te ontdek.
Wat kan jy verwag van die Generasie-Bagasie Ervaring?
Die unieke kameraderie van manne wat vriende maak, saam lag en luister, diep gesprekke deel en saamkuier.
Ons gaan beter verstaan hoe die gevolge van emosionele verwonding en trauma dikwels vanaf generasie na generasie aangegee word in ons gebroke wêreld.
Ons gaan sien hoe familiegeheime ons innerlik kan strem. Vrees en
onsekerheid laat ons die pyn net dieper begrawe en die ‘deksels’ al stywer vasdraai. So word die bagasie wat ons saamsleep al groter en swaarder.
Ons gaan leer om te kies vir ‘n meer sinvolle lewe. Omdat hierdie innerlike las mettertyd onhanteerbaar raak, lei dit dikwels tot een of ander verslawing, terwille van korttermyn ontvlugting van oorweldigende emosies en pynlike herinneringe. Selfs gesondheidsprobleme is soms ʼn verdere gevolg.
Beleef ware en langtermyn heelwording van ons menswees! Ons pak met die Heilige Gees ʼn reis deur ons verlede aan. So ontdek ons die wonde in ons verhaal en die van ons familie en ons gee die Gees kans om ons genees.
Ons ontdek die seën wat ons misgeloop het of wat ons ontneem is. Meer as dit: ons beleef hoe die Gees dit weer aan ons teruggee, sodat ons werklik gelukkig kan wees; tot seën vir ons mense, familie, kinders en kleinkinders.

Bespreek jou verblyf hier:
Verblyf kostes is nie ingesluit by die inskrywing nie, verblyf kostes vanaf R350 tot R750 per nag.
Deel opsies is beskikbaar kontak gastehuise direk vir meer inligting.
Wat sluit die inskrywingskoste in?
Jou inskrywing sluit die volgende in:
Naweek Program aangebied deur Clarens Hermitage en NG Kerk Vrystaat.
Etes soos in program aangemeld.


