Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Vrystaat Vroueleraars

Dr Suzanne van der Merwe
NG Gemeente Kroonstad-Noord
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Ek is dankbaar vir geliefdes rondom my – hulle maak my sterk en by hulle leer ek daagliks hoe om ‘n sterk vrou te wees.

Ek dink spesiaal aan my ouers, my pa Theo en my ma Cicilia – hulle onvoorwaardelike liefde, hulle nimmereindigende ondersteuning, hulle allesopofferende diensbaarheid het my geleer om ten spyte van moeilike omstandighede sterk te wees.

Ek dink aan my sussies, Karli en Elaine – ons saam-wees-tye van kindsbeen tot nou gee my die moed en die durf om elke dag my vrou te kan staan.

My man, Charl, hy maak my sterk deur my die ruimte te gee om te wees wie ek is en om my drome na te jaag (al moet hy dan harder werk in die huis).

My dogtertjies, Marizanne en Estelle, hulle leer my van sterk-wees in elke fase van hulle eie lewensontwikkeling.

Dan is daar vriende en kollegas en medegelowiges wat op verskeie maniere my arms hoog hou.

Dankie dat julle my versterk!

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Ek bemagtig myself en ander vroue om my, deur myself en ander vroue te motiveer en te inspireer om ‘n leerbare gees te hê.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Deur doodeenvoudig op te daag met passie en die gawes en talente en persoonlikhede wat die Here aan elkeen van hulle gegee het.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Doen elke dag iets belangriks, iets lekkers en nog iets.

Ds Nadine van Rooyen
NG Gemeente Rouxville
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Ek is net so sterk as wat ek God toelaat om deur my te werk…

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Stiltetyd en tyd in die natuur – waar kan mens náder aan God wees as in Sy skepping?!

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Hulle kan net opdaag.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Nothing changes, if nothing changes…

Dr Lyzette Hoffman
NG Gemeente Universitasrif
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Die feit dat ek juis weet ek kan niks uit eie krag doen nie.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Ek maak tyd vir mooi en opbouende dinge en stimulerende kursusse. Gee erkenning en bewusmaking aan vroue en die onvervangbare bydrae wat hulle lewer.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Daar is omgeegroepe om by in te skakel. Gemeentefunksies is ‘n goeie plek waar vroue mekaar mentor “hoe dinge gedoen kan word”.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Doen elke dag iets belangriks, iets lekkers en nog iets.

Ds Natasha du Plessis
NG Gemeente Luckhoff
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Definitief die Here. Om te groei in Christus Jesus beteken jy moet gevorm word deur jou keuses en die gevolge daarvan te dra. Die keuses wat jy maak hetsy deur die Heilige Gees se leiding of die wêreld se leiding moet vorming plaasvind en dit kan ‘n vrou nie net sterker maak om meer goddelik te leef en meer die Heilige Gees se leiding te vat nie, maar dit maak jou ook wyser. Elke dag is ‘n kans om meer te groei en sterker te word in Christus hetsy man of vrou.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Gebed, verhouding met God en ander. Te volhard om beter te wees in Christus as die dag van gister. Mekaar te help, te tugtig en grootste gebod te probeer leef. Te luister, die vrugte van die Gees uit te probeer leef. Te onthou om spasie ook te gee en te vat op tye.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Bybelstudie en diensgroepe in ons kerk wat dus nie net na die kerk kyk in Christus nie, maar die gemeenskap ook.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Maak God eerste in alles wat jy doen en jy sal oorwin. Moenie vergeet jy is kosbaarder as goud nie. Jy mag ook sag met jouself wees. Moet nooit opgee nie, want jy is sterker met God om enigiets aan te pak.

Ds Charné Viljoen
NG Gemeente Pellissier
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Die mense om my wie my hande vat en dit sterk maak.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Deur saam te praat, droom en werk oor en aan God se roeping op elkeen van ons se lewe.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Daar is verskeie platvorms waar vroue mentorskap kan ontvang. Ons het ook twee verskeie vroue bedieninge wat daarop gefokus is om vroue te help groei en ontwikkel in verskeie areas van hul lewe – van voorkoms tot selfverdediging tot geloofsgroei.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Behandel mense soos die vrou wat jy is, en nie soos hoe hulle jou hanteer nie. Wees wie jy is!

Ds René Wessels
NG Gemeente Virginia
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

My krag lê in stilwees.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Deur graag na ander se stories te luister.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Vroue kan inskakel by die gemeente se vrouebediening.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

“Life is not a problem to be solved but a mystery to be lived” – Kierkegaard.

Ds Thania Botha
Universitas Geloofsentrum
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Ek kan net soos Paulus getuig: God se genade is vir my genoeg. Sy krag word in my swakheid volbring.”
2 Korinthiërs 12:9

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Ons as vroue moet mekaar ae menswaardigheid erken en die mooi in mekaar raaksien. Ek herinner ook graag ander vroue dat hulle geliefd en geroep is om ‘n verskil in die wêreld te maak. As vroue kan ons dit op ‘n unieke manier doen.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Daar is soveel geleenthede vir vroue om mekaar te bemoedig en saam te groei, soos onder andere: ‘n weeklikse Bybelstudie, ‘n maandelikse Vroue-ontbyt en ‘n jaarlikse Vrouwees Fees, wat in 2023 op 2 September plaasvind. Pastorale hulp en toerustingskursusse word ook deur die jaar aangebied.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Vulnerability is not weakness, it’s the most accurate measure of courage.
– Brene Brown

Ds Adrie Potgieter
NG Gemeente Senekal-Noord
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Die Here gee my die krag, insig en vermoë vir elke dag.
Ps28:7 “Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou, Hy het my gehelp.”

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Deur myself so goed as moontlik toe te rus en te glo in myself, my vermoëns en die gawes wat die Here my.
Ons as vrouens moet mekaar inspireer en bou. Nie afbreek en intimideer nie.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Ons het elke Dinsdag om 10:00 n bybelstudie vir vroue. Ons vroue dagbestuur fokus ook daarop om vroue toe te rus en te vier. Daar is ook ‘n gebedsgroep op WhatsApp wat vroue bemoedig en vir hulle bid.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

“Jou geloof het jou gered” – Jesus

Ds Janke Hurter
NG Gemeente Berg-en-Dal
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

My krag lê in stilwees.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Deur graag na ander se stories te luister.

Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Vroue kan inskakel by die gemeente se vrouebediening.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

“Life is not a problem to be solved but a mystery to be lived” – Kierkegaard.

Ds Ronel Coertzen
NG Gemeente Fouriesburg
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Ek koester my menswees in my vrouwees, want dit is wie God my geskape het. Ek vier elke dag die lewe omdat ek as geroepene en ‘n bedienaar van die Woord volgemaak word deur die Heilige Gees en die mense rondom my. Ek wil soos Paulus sê: “As ek swak is, is ek sterk, want die krag van God kom tot volle werking juis in my swakheid.” Om op die Here te vertrou en te luister na Sy stem as Hy vir my sê: Dit is die pad, loop hierlangs, maak my wie ek is. Ek stel myself elke dag opnuut bruikbaar as ‘n instrument in die Hand van God om met die pen van Sy liefde my lewensboek vol te skryf. Ek is sterk want Hy wat in my is, maak my sterk.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Ek laat toe dat elke vrou, vrou kan wees met al ons emosies, praterigheid, omgee en drukkies. Soms praat ons te veel, ander kere te min, soms is ons ooremosioneel en ander kere is ons net onsself. Soms blaas ons stoom af en soms het ons stoom nodig om vorentoe te gaan. Die feit bly staan, ons hoef nie meer te wees as wie God ons gemaak het nie, wees wie jy is en vier wie jy is, jy is kosbaar en uniek. Wees God se diamant – laat toe dat Hy jou slyp en vorm deur die prosesse wat ons lewe noem. Dit is ook okay om nie okay te wees nie – jy mag ook uitmekaar val en toelaat dat ander weer jou stukke menswees optel en teruggee met snot en trane. So lekker om net vrou te kan wees.

 
Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Ons dorp se vroue is reeds bedrywig in die gemeenskap met die VLU, VVO. Ons is altyd gereed om hande uit te steek om geleenthede wat oor ons pad kom aan te gryp en uitdagend vorentoe te gaan om ‘n verskil te maak.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

Vier jou vrouwees deur God se Diamant-wees om te skitter en te sprankel net daar waar jy is. Jy is genoeg!

Ds Madelein Bakker
NG Gemeente Bethlehem-Oos
Wat maak van jou ‘n sterk vrou?

Ek is bereid om my eie diepste emosies met ander te deel. Ek sal opstaan vir wat reg is en ek is nie bang om my eie unieke stem te laat hoor nie.

Hoe bemagtig jy jouself en die vroue om jou?

Ek het ‘n goeie ondersteunings raamwerk: mense wat in my glo en my liefhet.
Ek het ‘n leergierige gees.
Ek hou vas aan my roeping.

Ek help vroue om hulle unieke gawes en passies raak te sien, daaroor opgewonde te raak en dit op die regte plek aan te wend.

 
Hoe kan vroue in jul gemeente betrokke raak by byv: Mentorskap, Bybelstudie, netwerkvorming ens?

Hulle kan my of die betrokke persoon kontak. Hulle kan ook by enige een van ons byeenkomste net opdaag.

‘n Inspirerende aanhaling vir vroue op Vrouedag

“I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples”.
– Mother Teresa