Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Presidentsvrou van Malawi ontvang boek van Phoebe Chifungo

Oorgeneem uit VrydagNuus, Kaapkerk | 2 Junie 2023

Foto verskaf: Dr Chifungo oorhandig ’n eksemsplaar
van haar boek aan Malawi se presidentsvrou,
mev Monica Chakwera.

Op Vrydag 25 Mei is die boek Let my people go! deur dr Phoebe Chifungo van ons susterskerk in Malawi, die CCAP Nkhoma Sinode, amptelik in Lilongwe by die Bingu International Conference Centre bekendgestel. Die hoogtepunt van die verrigtinge was toe sy ’n eksemplaar van haar boek aan die presidentsvrou, mev Monica Chakwera, oorhandig het. Dr Chifungo het haar PhD-graad in Praktiese Teologie in 2014 aan die Universiteit Stellenbosch behaal met Women in the CCAP Nkhoma Synod: A practical theological study of their leadership roles as haar tesisonderwerp. Prof Ian Nell was haar studieleier. Die onderwerp van haar pas gepubliseerde boek beskryf sy as volg: “It is mainly about women taking up leadership roles. Wrong interpretations of scriptures and culture have hindered women from taking up leadership roles. So, the book is discouraging wrong interpretations of the scriptures, resulting from what I call a ‘one-dimensional approach’. A recommendation is made to re-read the Biblical texts as well as our Chewa culture and the history of the synod with a multi-dimensional approach in which the literary, historical-cultural, and theological-rhetorical aspects are all considered because this approach liberates the oppressed and the marginalized.”  Dr Chifungo is die dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Livingstonia. Kontak dr Daniël de Wet by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.

Leave a comment

116 | Maatskaplike NOODLYN